​​​Verandering in konteks


  • ​Die stadiums van verandering


Wat is veranderingsbemagtiging?

Veranderingsbemagtiging gedefinieer

  • Die fasilitering van ’n gestruktureerde (beplande) tydperk van oorgang van situasie A na situasie B binne ’n vasgestelde tydperk ten einde volhoubare verandering teweeg te bring (binne ’n gevestigde organisasie). 
  • Veranderingsbemagtiging is nie net kommunikasie en opleiding nie
  • En dis ook nie bloot die bestuur van weerstand nie. 
  • Doeltreffende veranderingsbemagtiging volg ’n gestruktureerde proses en gebruik ’n holistiese stel instrumente om suksesvolle individuele en organisatoriese verandering aan te dryf.
  • Dit lewer die voordele van verandering (verbeterde prestasie) – met so min versteuring van die organisasie as moontlik.
  • Die omvangsbepaling van verandering hou verband met hoe ver (breedte), hoeveel (diepte) en wat (in terme van ontwikkeling en oorgangsverandering) tydens die implementering van nuwe inisiatiewe ’n uitwerking op ’n organisasie het.

Navigeer die leemte tussen die huidige en die teenwoordige

Dis nie dat ons nie verandering wil hê nie – dis die plek tussenin wat so moeilik is – daar is niks om aan vas te hou nie. Hier onder is ’n visuele voorstelling van die leemte tussen waar ons is en waar ons wil wees.

CM Web visuals__Eng1.jpg 


Tradisionele projekbestuur teenoor ’n benadering van veranderingsbemagtiging

  • Projekbestuur fokus op die “wat en wanneer” en sluit die volgende lewerbare uitsette in: Plan (tydlyne) + omvang + lewerbare uitsette + hulpbronne + gehalte. 
  • Veranderingsbemagtiging fokus op “hoe” om die “wat en wanneer” te bewerkstellig deur mense een tree op ’n slag te mobiliseer. 

CM Web visuals__Eng4.jpg  


Die stadiums van verandering

Daar is vier stappe op die reis van verandering (grafika links):

  1. Dink – gebruik jou intellek om ’n enkele weergawe van die waarheid te visualiseer.
  2. Aanvaar – gebruik jou hart om nuwe maniere van werk te verwelkom.
  3. Werk – gebruik jou hande om nuwe standaarde na te kom en saam te werk.
  4. Vorder – gebruik jou voete om verandering te bespoedig en die organisasie te help groei.

Hierdie reis neem individue deur verskillende stadiums op hulle pad na die aanvaarding en aanneming van verandering (grafika regs).

CM Web visuals__Eng2.jpg


Raamwerk vir veranderingsbemagtiging

Veranderingsbemagtiging is ’n instaatsteller vir individue om deur middel van ’n raamwerk verandering te navigeer.

Die raamwerk bestaan uit vier hooffases, met verdere besonderhede oor elke fase in die diagram hieronder. (Klik op die sirkel vir meer uitgebreide detail oor elke fase.)

  1. Identifiseer verandering en beplan daarvoor
  2. Ontwerp en navigeer die verandering
  3. Institusionaliseer en bemagtig die verandering
  4. Vestig eienaarskap vir verandering en leer uit verandering

CM-Web-visuals__Eng3_2.jpg

​  


Wat is die komponente van veranderingsbemagtiging?

Die vier hoofkomponente van veranderingsbemagtiging is:

  • Navigasie/Integrasie
  • Leierskap/Borgskap
  • Bemagtiging/Instaatstelling
  • Betrokkenheid/Medeskepping

Elke komponent is noodsaaklik om blywende en suksesvolle verandering teweeg te bring.

CM Web visuals__Eng5.jpg