Review of SU Vision and Strategy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Samewerking met verandering


Sluit aan by ’n Gemeenskap van Praktyk vir Veranderingsbemagtiging

Help om gestalte aan die toekoms van die Universiteit Stellenbosch te gee deur aan te sluit by ’n Gemeenskap van Praktyk vir Veranderingsbemagtiging.


Wat is ’n Gemeenskap van Praktyk?

’n Gemeenskap van Praktyk is ’n groep mense wat ’n bron van kommer of ’n passie vir iets wat hulle doen, deel en met gereelde gesprekvoering leer hoe om dit beter te doen.


Waarom moet ek aansluit?

Gemeenskappe van Praktyk bied baie voordele aan diegene wat daaraan behoort, en aan die organisasie as geheel.

  • Lede van hierdie gemeenskappe kry hulp met uitdagings waarvoor hulle te staan kom, het toegang tot kundigheid, dit versterk hulle selfvertroue en hulle geniet dit om saam met kollegas betekenisvolle werk te verrig. Langtermynvoordele behels dat hulle reputasie en professionele identiteit ontwikkel word, en netwerke sorg dat hulle meer bemarkbaar word.
  • Vir organisasies is die korttermynvoordele onder meer dat probleme opgelos word, tyd word gespaar, kennis word gedeel, daar is sinergie tussen eenhede, en hulpbronne word hergebruik. Oor die lang termyn word strategiese vermoë gebou, talent word behou en innovasie vind plaas, en nuwe strategieë kan ontwikkel word deur op hoogte van verwikkelinge in hul bedryf te bly.


Hoe sal dit werk?

Wanneer jy aansluit by ’n Gemeenskap van Praktyk vir Veranderingsbemagtiging, kan jy die volgende te wagte wees:

  • Spanbetrokkenheid op ’n manier wat vir jou werk,
  • Lewer ’n bydrae tot ’n meningspeiling oor digitale konneksie (vir voltooiing deur individue of spanne) 
  • Leer uit webkletse met kundiges,
  • Raak betrokke by in-persoon-gesprekvoering met ander in jou veld.


Klik hier om vir die US Gemeenskap van Praktyk vir Veranderingsbemagtiging te registreer en ’n proaktiewe kampioen vir verandering te wees.