Statistics and Actuarial Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Finansiële Risikobestuur

Die professionele bestuur van finansiële risiko's – wat deur mark-, kredietverwante en operasionele onsekerhede geskep word – word al hoe belangriker. Risiko's impliseer egter ook geleenthede. Finansiële Risikobestuur gebruik wiskundig-statistiese modelle om blootstelling aan finansiële risiko's te bestuur en die opbrengs op finansiële beleggings te optimeer.

Vir afgestudeerde studente is daar stimulerende en winsgewende posisies beskikbaar in die finansiële dienstebedryf (gewoonlik by beleggingsbanke en batebestuursmaatskappye) as finansiële risikobestuurders, portefeuljebestuurders, batebestuurders en kwantitatiewe finansiële analiste.