Voedselsekuriteit vorm die basis van ons lewenswyse. Verbouing van lanbougewasse en vee het gelei na die die skuiwing van 'n nomadiese jagter-versamelaar leefstyl tot die ontwikkeling van gevestigde boer gemeenskappe. Die beskikbaarheid van 'n genoegsame voedselvoorraad het toegelaat dat die mensdom vry was om 'n tipe arbeidsafdeling te ontwikkel waarvan slegs 'n klein gedeelte van die gemeenskap verantwoordelik was vir die voedselproduksie. Hierdie het op sy beurt die res van die gemeenskap vryheid gegee om ander praktyk strewes na te jaag wat nie landbougebonde was nie. Dit sluit in verskeie kunstige, wetenskaplike en kreatiewe dissiplines wat die omvang van ons menslike beskawing omsluit. Huidiglik is daar 'n totaal van 1.8 biljoen ton voedsel wat elke jaar óf verlore gaan óf vermors word (Gustavsson et al., 2011). Dit dra by tot soveel as 'n derde van alle geproduseerde voedsel. Voedselverlies verteenwoordig die vermorsing van land, water, energie, finansiële, agrichemiese en meganiese insette. Omrede die verbouing van landbougewasse energie intensief is, met die grootmaat van ons elektrisiteit en vervoer behoeftes afhanklik van fossielbrandstowwe, verteenwoordig dit 'n onnodige vrylating van CO2 koolstofvrystelling (Gustavsson et al., 2011). Benewens die globale populasie wat met 33% gaan styg tussen nou en 2050, verteenwoordig voedsel verliese 'n duidelike en huidige dreigement tot globale voedselsekuriteit.
Figuur 1 wys die fases waar voedsel verlore gaan tussen die plaas en die verbruiker. Na-oes verliese verteenwoordig meer as 60% van alle voedsel verliese in ontwikkelende lande.
Figuur 2 wys 'n uiteensetting van na-oes verliese in drie fases: hantering en berging, prosessering en verpakking, sowel as bemarking en verspreiding. (Grafieke is aangepas van Aulakh en Regmi, 2012 en Gustavsson et al., 2011).
Lees meer oor die Sosio-Ekonomiese en Omgewingsimpak van Na-oes Verliese van Kool tussen die Kleinhandelbedryf en die Verbruiker