GESKIEDENIS

 

Die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB) aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in 1998 in samewerking met die Suid‑Afrikaanse Suikerrietnavorsingsinstituut (SASRI) gestig. Die IPB het oorspronklik as deel van die Departement Plant‑ en Dierkunde gefunksioneer, maar na strategiese herstrukturering by die Universiteit het dit na die Departement Genetika in die Fakulteit AgriWetenskappe oorgeskuif, waar dit tans as 'n onafhanklike eenheid funksioneer.

Die IPB is onder die leiding van dr Frikkie Botha tot stand gebring. In 2004 het professor Jens Kossmann die leisels oorgeneem met sy aanstelling as direkteur, 'n posisie wat hy steeds beklee. Onder prof Kossmann funksioneer die Instituut as 'n multikulturele en interdissiplinêre span navorsers en nagraadse studente wat op navorsingsgeleenthede in plantbiotegnologie fokus. Hoewel fundamentele navorsing die kern van die IPB se aktiwiteite uitmaak, het elke projek die een of ander langtermyntoepassing.

Die Instituut is op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch geleë, midde‑in die Wynlandstreek van die provinsie Wes-Kaap van Suid-Afrika.

IPB 2015.JPG