Institute for Plant Biotechnology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Verbetering van Plantgroei

Hoof Navorsers: Dr Paul Hills and Prof Jens Kossmann

 

 

Ten einde plantgroei te begryp en te verbeter gebruik ons 'n reeks chemikalieë wat plantgroei stimuleer. Ons bestudeer die molekulêre gebeure wat deur hierdie middels veroorsaak word aan die hand van metabolomiese, proteomiese en transkriptomiese ontleding. Sodra ons responsiewe gene uitgewys het, doen ons 'n funksionele ontleding na aanleiding van omgekeerde genetiese of ooruitdrukbenaderings. Modelplante wat gebruik word, is Arabidopsis en Lotus, maar verskeie ander gewasse word ook bestudeer.