Maties Sport
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Eenhede

​​Maties Sport het ​​vyf nuwe operasionale eenhede geskep om sy aktiwiteite beter te verpak. Die eenhede is:

Eenheid vir Hoëprestasiesport

Hierdie eenheid wil uitblinkers in sowel span- as individuele sportsoorte werf en ontwikkel, en die akademiese sukses van sportsterre en afrigters fasiliteer deur middel van ondersteuningsprogramme.

Webwerf​​

Sentrum vir Menslike Prestasiewetenskappe

Hierdie sentrum wil navorsing en gemeenskapsinteraksie fasiliteer, akademiese samewerkingsooreenkomste ontwikkel, innoverende atleet- en afrigteropleiding lewer en tegnologie by sportafrigting inbou.

Webwerf​​

Eenheid vir Rekreasie en Aktiewe Lewenstyl

Hierdie eenheid wil die voordele van deelname aan fisieke aktiwiteite bevorder, rekreasieprogramme voorsien wat relevant en aantreklik is en nuwe geleenthede vir ontspanning ontwikkel en gemeenskapsinteraksie. Sy aktiwiteite betrek dus studente, personeel én die gemeenskap.

Eenheid vir Geleenthede en Kommunikasie

Hierdie eenheid fokus op die beplanning en aanbieding van geleenthede by Maties Sport se fasiliteite.

Cindy van der Merwe
Maties Sport: Geleentheidskoördineerder
cindyv@sun.ac.za

Kim Coetzee
Maties Sport: Projekassistent
kimcoetzee@sun.ac.za
021 808 9109

Gwen August
Maties Sport: Administratiewe ondersteuning
gwena@sun.ac.za
021 808 9229

Produkte en dienste

* Ontspanning- en aktiewe leefstylgeleenthede
* Oefenkampe op internasionale, nasionale en streeksvlak
* Tersiêre sportgeleenthede – Varsity Cup; Varsity Sport & USSA Sport
* Regeringsgeleenthede op nasionale en provinsiale vlak
* Korporatiewe geleenthede
* Gemeenskapsinteraksie
* Kommersiële foto- en filmgeleenthede
* Seminare, konferensies en werkswinkels
* Spanbougeleenthede

Maties Gimnasium by Coetzenburg

Nuwe webwerf: http://matiesgy​m.co.za/​​

Dié wêreldklas-gimnasium maak nie net voorsiening vir hoëprestasie-atlete nie, maar ook vir studente en lede van die publiek.​

Ure:

Maandag - Donderdag

05:30 - 22:00

Vrydag

05:30 - 21:00

Saterdag

07:00 - 20:00

Sondag

10:00 - 18:00

Openbare vakansiedae

07:00 - 19:00

Kontakbesonderhede:


Ontvangs:

+27 (0) 21 808 9133​

E-pos:

francoiskotze@sun.ac.za