Fasiliteite

Die Sport- en Onthaalfasiliteite van die Universiteit Stellenbosch is beskikbaar aan studente, personeel en die publiek. Die US-sportklubs kry eerste keuse vir die gebruik van die sportvelde vir hul oefeninge en wedstryde en ander aansoekers word op ‘n ad hoc basis gehelp.​

Die Universiteit beskik oor die volgende uitstekende sportfasiliteite wat op Coetzenburg, Welgevallen en Lentelus geleë is​:

  • Een a​tletiekstadion met 14000 sitplekke en spreiligte​;
  • Vyftien rugbyvelde met ’n hoofstadion met 17000 sitplekke en spreiligte;
  • Een swembad en twee klein verhitte swembaddens​;
  • Twee Astro-kunsgrasbane met spreiligte;
  • Nege hokkievelde, waarvan twee met spreiligte toegerus is;
  • Ses Krieketvelde, vyf permanente oefennette, verskeie turfoefennette en ‘n boulmasjien;
  • Twee binnemuurse krieketoefennette;
  • Nege muurbalbane wat ’n hoofbaan met glasmuur en sitplek vir ongeveer 140 toeskouers insluit;
  • Agt netbalbane, waarvan 2 met spreiligte toegerus is;
  • Een sokkerveld met ‘n gedeelde klubhuis. Drie velde by Vergenoegd​;
  • Vyf rugby/sokkervelde op Lentelus​;
  • 27 Tennisbane, 3 met spreiligte en een onderdak;
  • Ses klubhuise vir onderskeidelik rugby, hokkie, krieket, netbal, onderwater sport, sokker, tennis & waterpolo.;
  • Die Vergenoegd ontspanningsterrein, geleë langs die Eersterivier by die hangbrug is ‘n ideale plek vir pieknieks en vleisbraai. Daar is ruim grasperke en braaigeriewe. Dit is raadsaam dat huurders hul eie braairoosters saamneem. Braaihout word nie voorsien nie. Gebruikers moet ook hul eie tafels en stoele saamneem. Daar is ‘n klein kombuisie/opwaskamer en kleedkamers. ’n Kragprop is beskikbaar maar dit is raadsaam dat die gebruikers ’n verlengingskoord saambring. Daar is geen onderdakspasie nie.​​

Vir navrae oor fasiliteite:
Gwen August
Telephone: 021 808 4642
E-mail: matiesport@sun.ac.za

sun-sports-grounds