Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​

FVZS Discourse Cafe.png

Die FVZSI se Gesprekskafee-inisiatief is geloods om die Instituut se breër programaanbod te verbeter. Ons nooi denkleiers vanuit ’n verskeidenheid velde en agtergronde om hulle insigte oor ’n sekere onderwerp te kom deel as prikkeling vir kritiese en opbouende omgang.

Die FVZSI benut hierdie inisiatief om vooraanstaande denkleiers uit die plaaslike sowel as internasionale konteks te nooi om met kleiner groepe studente en lede van die publiek in ’n informele en uitnodigende atmosfeer om te gaan. Platforms soos hierdie moedig intergenerasionele gesprekke oor kontekstuele kwessies, uitdagings en geleenthede aan. Die inisiatief kan dus beskou word as ’n katalisator vir verdere gesprekvoering op kampus sowel as weg van die kampus – een van die primêre uitkomste van die Gesprekskafees.

Die FVZSI Gesprekskafee-inisiatief is moontlik gemaak deur die gulhartige ondersteuning van die Konrad Adenauer Stigting (KAS).


Klik hier om vorige Gesprekskafees te kyk.