Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 


SG Web Banner 2.png


Studenteregering het dit ten doel om etiese regeringsbeginsels onder die studentegemeenskap van die Universiteit Stellenbosch (US) te bevorder in die lig van die konteks en die ontwikkelings wat met regeeruitdagings in die een-en-twintigste eeu, in die breër Suid-Afrika, Afrika en die wêreld verband hou. Ons studenteleiers ontvang opleiding in leierskapsontwikkeling, en bekom die gereedskap om die kompleksiteite en uitdagings waarmee studenteleiers vandag gekonfronteer word te hanteer en oplossings daarvoor te formuleer. Die ontwikkelingsopleiding steun op die US se Ko‑kurrikulumraamwerk en die Eienskappe van Gegradueerdes om te verseker dat die leerproses bepaalde vaardighede oordra.  ​

SG Strategic Vision.png


Studenteregering deel die US Visie 2040 deur die volgende:

Uitnemendheid – om uitnemende leierskaps‑ en ontwikkelingsdienste aan die studentegemeenskap te lewer via regeerprogramme wat die US aanbied.

Deernis om te streef na 'n geïntegreerde studentegemeenskap geïnspireer deur etiese leierskap, gekenmerk deur die betoning van empatie aan ander, en deur konsekwentheid en sorgsaamheid.

Respek – om ander se opinies en verskille te respekteer (professionele optrede) en diversiteit te omarm.

Billikheid – om die opbou van 'n meer inklusiewe studentegemeenskap na te streef verg dat ons praktyke deur sosiale geregtigheid onderlê word, namate die nasie poog om Suid‑Afrika te transformeer.


SG Core Values.png


  • Die bevordering van etiese leierskapsbeginsels

  • Die bevordering van rekenpligtigheid, deursigtigheid, en verantwoordelikheid

  • Die uitbreiding van leierskapsontwikkeling op die kampus

  • Die nastrewing van maatskaplike geregtigheid en billikheid


SG Mission.png


Ons missie is om 'n omgewing te skep waarin 'n nuwe generasie etiese studenteleiers kan ontwikkel. Ons assosieer ons met en onderskryf die waardes van konstitusionalisme. Ons doel is om aan al ons studenteleiers volledige ondersteuning, leiding, afrigting, en fasilitering te bied. Teen hierdie agtergrond wil ons 'n grondslag van volhoubaarheid en verantwoordelike leierskap onder studenteleiers aan die Universiteit Stellenbosch bevorder.


Organs of SG.png

Die volgende organe vorm Studenteregering. Hierdie verkose liggame dien as die regering vir die studentekorps, terwyl dit ook ander kiesafdelings behels wat help met die funksionering van onder meer ex officio‑portefeuljes. Die Studentegrondwet, hoofstuk 9 en 10, noem die rade as die ex officio‑portefeuljes in die SR. Hulle dien egter as die belangrikste verkose liggame op hul kampusse;  en daarom ressorteer hulle onder die regeringstruktuur van die studentegemeenskap.


Lees meer >​​