Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FVZS Staff Header Afr.png

Heidi.png​​​​

Heidi October (sy/haar)

ADJUNKDIREKTEUR: SSLEOB
& HOOF: FVZS INSTITUUT

Dr Heidi October dien in die bestuurspan van Universiteit Stellenbosch se Afdeling Studentesake as Adjunkdirekteur: Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap (SSLEOB) en Hoof: Frederik van Zyl Slabbert Institut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS Institut). Sy het uitgebreide ervaring met internasionale belanghebbendes in hoer onderwys. As studenteleier is sy al sedert die 1990's aktief by studenteleierskap betrokke en het Visekansellierstoekennings vir uitnemendheid as student en personeellid ontvang, en akademiese erekleure van die Universiteit van Pretoria waar sy ‘n PhD in Leierskapstudies verwerf het. Sy besit 'n BA, HonsBA en MPhil in Organisasies en Publieke Kulture, en het 'n Scholarship in Educational Leadership van die Universiteit Stellenbosch sowel as die program in Bestuursontwikkeling (USB-Ed) afgehandel, albei met onderskeiding. Sy het ‘n toekenning van die internasionale Golden Key Vereniging ontvang vir haar bydrae tot leierskap. Sy het in 2012 haar eie privaat konsultasiefirma begin wat op personeel- en leierskapsontwikkeling fokus. Heidi is geesdriftig oor medeskepping van platforms vir globale deelname oor studenteleierskap met die oog daarop om krities as aktiewe burgers op globale vlak om te gaan. Buiten haar navorsing oor studenteleierskapidentiteit in post-apartheid Suid-Afrika, geniet sy langafstandstaptogte en soloreise.

​​
Spurgeon.png

Spurgeon-Haddon Wilson (hy/hom)

PROGRAMBESTUURDER

​Spurgeon-Haddon het 'n LLB van die Universiteit Stellenbosch verwerf. Voordat hy hom by die FVZS Instituut aangesluit het, was hy Algemene Bestuurder by die Media24 Rachel's Angels Trust en studentewerwingsadviseur by die Universiteit Stellenbosch. Spurgeon- Haddon beskou homself as 'n menseontwikkelaar. Die FVZS Instituut stel hom in staat om elke dag homself sowel as ander te help ontwikkel. Dit is vir hom 'n vreugde om ander te kan help om hulle eie potensiaal te ontsluit. In sy vrye tyd geniet Spurgeon-Haddon dit om kos te maak en Spurgeon-Haddon Wilson (hy/hom) maak hy graag opnames van programme oor tuisgemaakte kos.

​​
Rabia.jpg

Rabia Abba Omar (sy/haarr)

KOÖRDINEERDER: BURGERSKAP VERLOWING

​Rabia Abba Omar is a researcher and curator, working as the Coordinator: Citizenship Engagement at FVZSI. She is reading for a MA in Visual Studies and is a joint MA-fellow at The Centre for the Study (AVReQ) and Exeter University's Imagining Futures of Un/Archived Pasts Project. She holds a MA in Heritage Studies from the University of the Witwatersrand, where she was a part of the Oceanic Humanities of the Global South. She is an alumna of the UnSchool of Disruptive Design's Emerging Leaders Fellowship and the Accountability Lab's Non-Profit Management Fellowship. She enjoys trying out new crafts and refining the croissant scale for finding the best croissants.​
​​​​​​​​​​

​​
Nosipiwo.jpg

Nosipiwo Matiwane (sy/haarr)

PROGRAMKOÖRDINEERDER: FVZS INSTITUUT

Nosipiwo holds a BA degree in Development & Environment, a Social Anthropology Honours degree (cum laude), and is currently a final year master's research student in Social Anthropology at Stellenbosch University. Her research interests include Museum Studies (visual and discursive framings of anthropological exhibitions), Higher Education, and Black Feminist Praxis. Using Black feminist epistemology as a critical lens, her current research seeks to examine the multiple and complex ways in which structures of power reproduce marginality in Black student's lives through the institutional conditions propagated by university apartheid at the University of Fort Hare. Nosipiwo is passionate about developing and coordinating critical scholarship and leadership programmes that foster student development and active citizenship within the higher education landscape, especially in the African continent. And finally, she is a fellow of Ubuntu Dialogues, which is a collaboration between Stellenbosch University and MSU in producing dynamic sites for the co-creation and dissemination of knowledge and practice through local and international dialogues.​


Ons SSLEOB-steunspan

Gershwin.png

Gershwin Fritz (hy/hom)

FINANSIËLE BEAMPTE: SSLEOB

Gershwin het 'n BTech in Finansies en Belasting (KSUT) en is by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIGR) as professionele rekenmeester geregistreer. Voordat hy hom by die US aangesluit het, het Gershwin as junior rekenmeester by die NNS (iThemba Labs) gewerk en as belastingpraktisyn en professionele rekenmeester. Hy glo dat klein tot mediumgrootte sakeondernemings die meganisme is wat hierdie land se ekonomie met nuwe dryfkrag kan vervul, en dat die beginpunt behoort te wees om jongmense te motiveer om as entrepreneurs te floreer. In sy vrye tyd is hy 'n aanhanger van staptogte en motorsport.

​​
Annas.png​​​​

Annas Coetzee (hy/hom)

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE (NAVORSING): SSLEOB

Annas het 'n MTech in Besigheidsadministrasie (KSUT) en het sy Magister in Biblioteekwese (UWK) behaal. Hy het by die Kaapstadse tak van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika en by die Universiteit Stellenbosch Biblioteek gewerk voordat hy hom by die FVZS Instituut se span aangesluit het. Sake waaroor hy geesdriftig is, is onder meer om navorsing te doen en jong leiers te ontwikkel. In sy vrye tyd geniet Annas dit om te lees, blokkiesraaisels in te vul en "oumensalbaster" (rolbal) te speel.


Vennote

Angelo.png​​​​

Angelo Jephta (hy/hom)

WÊRELDBURGERSKAP

Angelo is Koördineerder: Internasionale Studentelewe en -sukses by Universiteit Stellenbosch Internasionaal. Hy het 'n Magister in Navorsingsielkunde en 'n Nagraadse Diploma in Interkulturele Kommunikasie. Sy akademiese belangstelling lê op die gebied van genderstudies, met besondere fokus op sosiale konstruksies van manlikheid, hoe om diversiteit en kulture te begryp, die ontwikkeling van interkulturele vaardigheid, globale burgerskap, volhoubare ontwikkeling en die uitwerking van globalisering. Buite sy lewe aan die US geniet Angelo dit om tyd met sy familie en vriende deur te bring, die buitelewe, om gim toe te gaan, om te lees en om dokumentêre films oor spiritualiteit, die natuur en natuurlewe, en die ruimte te kyk.​​​​