Leierskap in die Reg

Die kortkursus Leierskap in die Reg is ’n leierskapsontwikkelingsprogram wat die FVZSI in samewerking met die US Fakulteit Regsgeleerdheid en die Juridiese Vereniging aanbied. Die kursus is daarop gemik om deelnemers bekend te stel aan die basiese begrip ‘leierskap’ en die verband tussen leierskap en die reg. Die kursus het ook ten doel om deelnemers bloot te stel aan die praktiese elemente van die regs- en verwante beroepe sodat hulle die gaping kan oorbrug tussen die akademiese kennis wat hulle deur hulle studies verwerf en die kennis wat in die regspraktyk of verwante loopbaanrigtings vereis word.


Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.