FMHS Sport Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Departement Sportwetenskap

Welkom by die Departement Sportwetenskap
Ons missie is om deur voortreflike onderrig en navorsing, studente tot uitnemendheid in hul vakgebied te lei. Ons poog om deur ons kursusinhoud, navorsingsfokus en dienslewering op die behoeftes van die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap te fokus en sódoende die fisieke bates en menslike hulpbronne tot voordeel van die departement, Universiteit en gemeenskap te benut.
Ons navorsing fokus op:  

  • Biokinetika
  • Sportprestasiebevordering
  • Bewegingsgeletterdheid
  • Gesondheids- en fiksheidsbedryf
  • Sportgeskiedenis
  • Sport vir persone met gestremdhede

​Die Departement Sportwetenskap se missie is om

  • deur voortreflike onderrig en navorsing, studente tot uitnemendheid te lei om as leiers in hul vakgebied te kan funksioneer;
  • kursusinhoude, navorsingsfokus en dienslewering op markgerigte behoeftes te fokus om sodoende die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap te dien; en
  • die fisieke bates en menslike hulpbronne tot voordeel van die departement, Universiteit en gemeenskap te benut.