Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

2010

​​​​​​​​


1 September 2010

Departement Joernalistiek vier Lentedag!

Alhoewel reënweer planne vir 'n sonnige Lentedag gekniehalter het, het dit nie die Departement Joernalistiek gekeer nie om die dag te vier!

Gelukwense is ook om die beurt vir Elizabeth Newman, sekretaresse by die Departement, uit gedeel aangesien sy op 1 September 2010 vir een jaar by 26 Crozierstraat aan diens is.

Elizabeth Newman, sekretaresse (tweede van links, voor), Ruda Landman, tans deeltydse lektor in dokumentêr-vervaardiging by die Departement (middel) en prof. Lizette Rabe, hoof van die Departement Joernalistiek (tweede van regs, voor), het ook Lentedag se vieringe saam met meeste van die BPhil-klas van 2010 bygewoon.​



31 Augustus​ 2010

MPhil (Joernalistiek)-student ontvang internasionale genootskap vir kunsjoernalistiek

Gillian Rennie, tans 'n MPhil (Joernalistiek)-student aan die Universiteit Stellenbosch, het onlangs 'n gesogte, internasionale genootskap vir kunsjoernaliste ontvang.
Die genootskap is deur die Universiteit Suid-Kalifornië se Annenberg Skool vir Kommunikasie en Joernalistiek aan haar toegeken.

Rennie, wat afgesien van haar studies ook tans dosent by Rhodes Universiteit se Skool van Joernalistiek en Media Studies is, sal Los Angeles saam met ses ander kunsjoernaliste van onder andere die VSA, Duitsland en Taiwan besoek om aan gesprekke oor kunsjoernalistiek in globale media deel te neem.

Met 'n sterk fokus op die visuele kunste en argitektuur in Los Angeles, sal genote ook die kans gegun word om private ateljees, argitekfirmas en kunsskole te besoek. Ontmoetings met bekende kunstenaars en kunsjoernaliste is ook op die agenda.

Die besoek sal van 7 tot 21 November 2010 plaasvind.  ​

​​

17 Juni​e 2010

BPhil-klas van 2009 se persoonlike webtuistes bekend gestel

Die BPhil-klas van 2009 se eie persoonlike webtuistes is onlangs op die Departement Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch se webwerf bekend gestel.
Elke student moes as deel van hul Internetjoernalistiekkursus 'n persoonlike webtuiste skep. Hul skryf en fotoportefeuljes, sowel as CVs en persoonlike inligting is in die webwerwe ingekorporeer.​​​​


To access their websites, click here​.


6 April 2010​

BPhil-klas stel vyfde Woordfees-publikasie bekend

Die BPhil-klas in die Departement Joernalistiek het pas hul Woordfees-publikasie, LIP, bekend gestel.
Sedert 2006 stel elke BPhil-jaargroep 'n LIP na afloop van die Stellenbosch Woordfees saam. Die publikasie is 'n vertoonvenster van die honneursklas se skryf-, uitleg- en redigeringsvermoë en is die eerste van twee publikasies wat hulle sal vervaardig. Stellenbosch Media Forum (SMF) is 'n tydskrif wat later die jaar sal verskyn.​


To download a copy of LIP, click here​. ("Right Click" and then click on "Save Target As")
To access previous copies of LIP, click here.

Send any comments about this year's LIP to editor Louise Ferreira at lflouiseferreira@gmail.com.

8 March 2010

Toekennings en jolyt by gradedagvieringe

Vier MPhil (Joernalistiek)-studente en 20 BPhil (Joernalistiek)-studente het saam in Desember 2009 en op 8 Maart 2010 op 'n snikheet middag almal hul grade ontvang.

Links, van voor na agter, staan Anri van der Spuy (MPhil), Tarryn Harbour (BPhil) en Annelie Maré (BPhil). Regs, van voor na agter, staan Kristen van Schie (BPhil), Roeline Daneel (BPhil) en Anastasia de Vries (die 2009 Rykie van Reenen-genoot).

'n Paar van die topstudente is ook met pryse beloon. Annelie Maré het drie pryse verower: die Car-prys as die jaar se BPhil-topstudent, die Rowland Hill-prys vir die beste BPhil in-diepte projek asook die Ton Vosloo-prys vir kreatiwiteit en innoverende denke. Tarryn Harbour het die PJ Cillié-prys vir uitnemende formulering ontvang, Kristen Van Schie die Darwin-prys vir kritiese denke en Roeline Daneel die Orms-prys vir die beste BPhil fotoportefeulje.
Anri van der Spuy het die goue pen vir die jaar se beste MPhil (Joernalistiek) gegradueerde ontvang.​




1 March 2010

Edwardiaanse dame kry binnekort bybehorende boetie (of sussie)

Die gebou in 26 Crozierstraat waarin die Department Joernalistiek tans werksaam is, en wat gepas deur die voorsitter van die departement, prof. Lizette Rabe, as die Edwardiaanse dame gedoop is, gaan binnekort 'n boetie of sussie kry, nadat boukontrakteurs op 1 Maart 2010 aan 'n hipermoderne anneks agter die bestaande gebou begin bou het.

Volgens prof. Rabe is die departement met 25 honneursstudente, 35 meesters​graadstudente en 'n handvol doktoralestudente besig om uit haar nate te bars, en sal die nuwe anneks welkome spasie aan nog meer studente en buitelandse besoekers kan bied.

Die nuwe gebou sal uit twee vloere bestaan: op die eerste sal 'n lesinglokaal en kuierplek vir studente wees, terwyl die tweede vloer 'n geïntegreerde multimedialokaal met oudio- en videoredigeersuites sal huisves.

Daar word gehoop dat die gebou teen September 2010 voltooi sal wees. Die onderstaande tekening is 'n geanimeerde voorstelling van hoe die gebou sal lyk.​



26 February 2010

BPhil-student wen gesogte wetenskapsmedalje

Marisa Geyer, 'n BPhil-student by die Departement Joernalistiek, het onlangs die gesogte Meiring Naude-medalje verower. Die medalje word jaarliks toegeken aan die student wat die beste presteer in 'n goedgekeurde HonsBSc-program in Fisika aan die Universiteit Stellenbosch.

Geyer (tweede van regs op die foto), wat reeds haar HonsBSc in 2009 voltooi het, moes 'n gemiddelde van minstens 80% voor afronding en in alle modules wat vir die graad aangebied is 'n prestasiepunt van minstens 60% behaal het om die medalje te verower - punte wat sy vanselfsprekend aangeteken het. Die vergulde silwermedalje word geskenk deur wyle dr S. Meiring Naude.​




1 January 2010

Oud en nuut terug vir 2010 in Departement Joernalistiek

Afgesien van die nuwe BPhil, MPhil en DPhil-studente wat in 2010 nuut by die Departement Joernalistiek begin studeer, het ou en nuwe gesigte ook by die departement se familie van personeel aangesluit.

Prof. Lizette Rabe (links) dien weer van 1 Januarie 2010 in haar pos as voorsitter van die departement nadat sy in 2009 vir 'n jaar op studieverlof was. Sy is ook die MPhil (Joernalistiek) en DPhil (Joernalistiek) koördineerder. Skakel haar gerus by lrabe@sun.ac.za indien u enige navrae het.
Me. Elizabeth Newman (middel) is reeds sedert 1 November 2009 die nuwe sekretaresse in die departement. Sy het voorheen by die Sentrum vir Sjinese Studies by die Universiteit Stellenbosch gewerk. Om haar te kontak, stuur gerus 'n e-pos aan ​lnewman@sun.ac.za.

Me. Jo-Ann Floris (regs) is die department se Rykie van Reenen-genoot vir 2010. Die Rykie van Reenen-genootskap is 'n pos wat deur Media24 geborg word waardeur 'n Media24-joernalis op 'n jaarlikse basis na die Universiteit Stellenbosch gesekondeer word. Dit vorm deel van dié maatskappy se bydrae tot die opleiding van joernaliste. Me. Floris is die redakteur van Die Burger Oos-Kaap. Haar e-pos adres is jfloris@sun.ac.za.​