Die MA in Joernalistiek is ’n 180 kredietprogram wat gebaseer is op ’n virtuele klaskamerstelsel, en is die enigste modulêre kursus van sy soort in Suid-Afrika. Studente hoef Stellenbosch slegs op spesifieke tye te besoek om aan seminaarweke deel te hê. Die kursus is veral gewild onder professionele mediawerkers wat hul kwalifikasies wil verbeter en hul loopbane wil bevorder. Die US laat altesame vier jaar toe vir ’n student om die meestersgraad te voltooi.
Klik hier vir meer inligting oor die meestersprogram.
Konak die kursussameroeper, Dr Gawie Botma by gbotma@sun.ac.za of tel: 021 8083488.