Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Beleide en Prosedures

​​

​​Taalbeleid​


Op BPhil-vlak volg die departement die nagraadse T-taalspesifikasie (50% Afrikaans, 50% Engels) van die Universiteit soos vervat in die US se amptelike taalbeleid en -plan.

Op MA-vlak volg die departement die nagraadse E-taalspesifikasie (Engels, met die opsie van Afrikaans).​


Gedragskode​​


vir die verhouding tussen studieleier / promotor en navorsingsgebaseerde nagraadse student​

​Die volgende stel riglyne word as 'n gedragskode voorgestel om te verseker dat die verhouding tussen studieleier/promotor en navorsingsgebaseerde nagraadse student van so 'n aard is dat dit bevorderlik is vir suksesvolle nagraadse studie aan die US: 

  • Gedragskode(MSWord formaat)
​​

​Plagiaat - Beleid en Prosedure​


Volgens die Ensiklopedie van die Wêreld (deel 8, Stellenbosch: C.F. Albertyn Edms. Bpk, 1976: 253) is plagiaat die "nabootsing of oorneem van geskrewe of ander skeppinge van 'n ander, met die doel om dit vir eie skepping te laat deurgaan; in beperkte sin die skending van outeursreg." Die Shorter Oxford English Dictionary (1980, Oxford: Clarendon Press, p. 1596) beskryf plagiaat as "the taking and using as one's own of the thoughts, writings, or inventions of another." W. Pauk in How to study in college (3de uitgawe, 1984, Boston: Houghton Mifflin, p. 354), beskryf plagiaat soos volg:

"Plagiarism is stealing other people's words and ideas and making them appear to be your own. It need not be as blatant as copying whole passages without giving credit. If you paraphrase something from already published material and do not give the reference, you're guilty of plagiarism even though you have no intention of stealing! Simply rearranging sentences or rephrasing a little without crediting is still plagiarism ."​​​

Die pleeg van plagiaat word in 'n baie ernstige lig in die joernalistiek en in hierdie Departement se opleiding beskou. Studente wat plagiaat pleeg, sal nul vir 'n werkstuk ontvang en ook nie toegelaat word om verder enige werk in 'n spesifieke module in te dien nie. Dit beteken dat die graad nie voltooi kan word nie. Indien u onseker is oor wat plagiaat is, word u verwys na die volgende webwerwe waar die verskillende vorme van plagiaat uiteengesit word:


  1. Indien jy plagiaat pleeg, is daar GEEN tweede kans nie.
  2. ​Indien so 'n voorval wel voorkom, sal 'n interne dissiplinêre komitee die saak verder ondersoek. Die komitee bestaan uit twee persone uit die joernalistieke beroep (van wie een die voorsitter sal wees); twee uit die Departement Joernalistiek, en een uit die fakulteit. Die komitee sal 'n aanbeveling maak wat na die US se sentrale dissiplinêre komitee gestuur sal word vir formele afhandeling.​