Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

MA in Journalistiek

​​​​​​

Joernalistiekstudies vir die 21ste eeu

So , jy

  • het jou professionele opleiding as 'n joernalis voltooi, maar jy gaan die biblioteek mis ?
  • het as joernalis vir 'n aantal jare gewerk, maar wil meer oor die storie-agter-die-storie uitvind – jy wil die teorieë en konsepte leer wat jou kan help om jou werk beter te verstaan?
  • het 'n agtergrond in mediastudies, maar wil spesialiseer, meer navorsing doen en verder gaan op jou soeke na kennis?
  • is moeg vir spertye?
  • is nie in staat om krities oor jou beroep te dink nie?
  • soek ’n nuwe kwalifikasie?

Dan is een van die MA (Joernalistiek) opsies by die Universiteit Stellenbosch se Departement Joernalistiek die regte keuse vir jou.

Afhangende van jou belangstellings, ervaring en omstandighede, kan jy kies tussen verskeie gestruktureerde (opdragte en 'n beperkte navorsingskomponent ) of navorsing (volle navorsingstesis) opsies .


MA Joernalistiek

Die MA in Joernalistiek is ’n 180 kredietprogram wat gebaseer is op ’n virtuele klaskamerstelsel, en is die enigste modulêre kursus van sy soort in Suid-Afrika. Studente hoef Stellenbosch slegs op spesifieke tye te besoek om aan seminaarweke deel te hê. Die kursus is veral gewild onder professionele mediawerkers wat hul kwalifikasies wil verbeter en hul loopbane wil bevorder. Die US laat altesame vier jaar toe vir ’n student om die meestersgraad te voltooi.​

Kontak die kursussameroeper, Dr Gawie Botma by gbotma@sun.ac.za of tel: 021 8083488.


Toelatingsvereistes

As gevolg van die multi-dissiplinêre aard van 'n loopbaan in die joernalistiek, is die vereiste vir toelating 'n honneursgraad in 'n toepaslike gebied in die geesteswetenskappe, of enige ander honneursgraad plus vyf jaar praktiese ervaring in die joernalistiek. 


Toelatingstoets en onderhoud

Alle aansoekers moet 'n toelatingstoets in September skryf om hul belangstelling in navorsing te evalueer. Aansoekers kan kies om die toets te skryf in Stellenbosch of Johannesburg. Sou die aansoeker nie na een van hierdie toetssentra kan reis nie, kan hy/sy die Departement kontak vir moontlike alternatiewe reëlings.


MA-program in Joernalistiek

Kode 38725

878 (180) (100% tesis) (MA na BA Honneursgraad)
888 (180) (50% tesis) (MA na BA Honneursgraad)
898 (180) (30% navorsingsopdrag) (MA na BA Honneursgraad)


Programstruktuur en -inhoud

Die MA in Joernalistiek is gebaseer op drie keusestrukture soos per module-besonderhede hieronder. Die program is gebaseer op individuele interaksie tussen dosent en student, maar bywoning van residensiële seminare is verpligtend. 'n Tesis of navorsingswerkstuk word gedoen in een van die gekose keusemodules.


Komponente van die Modules

879: 100% tesis na BA Honneurs  (180 krediete)
  • Verpligte modules
    12834 Tesis (100%) (Joernalistiek ) 871 (180) (A/E)
NB: Studente wat hierdie opsie wil kies, moet steeds die Massakommunikasie-teorie en navorsingsmetodologie-werkwinkels bywoon tydens die eerste seminaarweek.

889: 50% tesis (90 krediete) na BAHonneurs  (180 krediete)
  • Verpligte modules:
         11547 Massakommunikasieteorie 871 (30) (E)
         10169 Navorsingsmetodologie 871 (30) (E)
         12834 Tesis (50%) (Joernalistiek) 883 (90) (A/E)

  • Elektiewe modules (een word vereis in 'n veld waarin die navorsing vir die tesis gedoen sal word)
         Mediakultuur en die Digitale Samelewing (30 krediete)
         Media-entrepreneurskap en Innovasie (30 krediete)
         Media-etiek (30 krediete)
         Wetenskapkommunikasie (30 krediete)
         Mediageskiedenis (30 krediete)


899: Navorsingswerkstuk (60 krediete) na BAHonneurs  (180 krediete)
  • Verpligte modules
        11547 Massakommunikasieteorie 871 (30) (E)
        10169 Navorsingsmetodologie 871 (30) (E)
        10159 Navorsingswerkstuk (60 krediete) ( Joernalistiek) 872 (60) (A/E)

  • ​Elektiewe modules (twee word vereis; een daarvan in 'n veld waarin die navorsing vir die navorsingswerkstuk gedoen sal word)
         Mediakultuur en die Digitale Samelewing (30 krediete)
         Media-entrepreneurskap en Innovasie (30 krediete)
         Media-etiek (30 krediete)
         Wetenskapkommunikasie (30 krediete)
         Mediageskiedenis (30 krediete)​


Assessering
Modules word geassesseer deur middel van opdragte en 'n eksamen . Navorsing en tesisse word volgens riglyne van die Universiteit se riglyne geassesseer.