Journalism
Welkom by Universiteit Stellenbosch

News

​​​​​​​​​​

Rykies byeen vir laaste woorde van wysheid

Die departement het op 25 Oktober die klasprogram vir die BPhil-groep van 2013 afgesluit met die jaarlikse Rykie-seminaar. Van links is mnr. Johannes de Villiers, Rykie van Reenen-genoot (2013), me. Jacolette Kloppers (2007), me. Hannelie Booyens (2011), dr. Gawie Botma (2005) en voorsitter van die departement, mnr. Tobie Wiese (2002-2004), me Jo-Ann Floris (2010), mnr. Gert Coetzee (2008), prof. George Claassen, dosent en voormalige departementshoof, en prof. Lizette Rabe, dosent en voormalige departementshoof wat die seminaar gereël het. Ander sprekers was mnr. Bun Booyens, redakteur van Die Burger en genoot van 1998-1999, dr. Johan Retief, Suid-Afrika se Pers-ombudsman en genoot van 2000-2004, en me. Henriëtte Loubser, redakteur van Huisgenoot. 



Sutherland betower met sterre en stories​

Die klas van 2013 is onlangs na Sutherland met sterre in hul oë, ywerig op soek na stories en sterbeligte hemele. Die groep van 24, wat in die spore van hul voorgangers gevolg het, het die koue Noord-Kaap op soek na ʼn reisstorie aangedurf.

Die wingerde het gou in velde madeliefies verander en dit was nie lank nie of kameras en notaboekies is uitgehaal. Die 23-jarige Marinette Potgieter was die bus vol met haar GoPro, besig om ʼn dokumentêr te maak wat een van die dae op die BPhil-webtuiste sal verskyn.

Ná ʼn vriendelike verwelkoming by die Sutherland Hotel deur Lulu die terriër het die studente afgepak en vere reg geskud. Dit was tyd vir sterrekyk.

Sterland lê ongeveer twee kilometer buite Sutherland en is die tuiste van Jurg en Rita Wagener. Hier het hulle die plaas in ʼn paradys vir amateur-sterrekykers omgeskep.

Jurg het die studente op ʼn begeleide toer deur Sutherland se sterryke hemel geneem met sy drie teleskope wat elk so ʼn meter en ʼn half hoog staan. Met behulp van hierdie veteraan-sterrekyker se kragtige laser, het Scorpio en vele ander konstellasies bo die studente se koppe lewe gekry.

Na ʼn nag in die Sutherland Hotel het studente ʼn hartlike ontbyt geniet, wat die eienaar, Oom Koos, en sy personeel voorberei het. Alhoewel meeste studente vroeg gaan slaap het, was ʼn paar lekker moeg nadat hulle die aand saam met ʼn groepie olieboorders in die kroeg gekuier het.

Kort ná ontbyt het die studente geskarrel om inligting vir hulle reisstories bymekaar te skraap. Party het die straatwinkeltjies en restaurante besoek, terwyl ander die plaaslike informele nedersetting gaan verken het.

Die tweede dag se hoogtepunt was die besoek aan die South African Large Telescope (SALT).Kort voor middagete het die studente by SALT aangekom en is getrakteer op ʼn aanbieding oor die omvang van die heelal.

Daarna het hulle ʼn begeleide toer geniet wat besoeke aan twee van die teleskope ingesluit het. Studente het ook die geleentheid gekry om die teleskope van binne te beskou en vrae aan Dr. Patrick Woudt, besoekende astroloog, te rig.

Die dag is afgesluit met die studente wat met ʼn beter begrip van die heelal en die platteland die vyf ure lange reis terug na Stellenbosch aanpak het. Hierdie keer stiller, maar ryker as vantevore.  


Klas van 2014 bekend

Daar was groot opwinding by Crozierstraat 26 toe die Klas van 2014 onlangs bekend gemaak is. Ná die intensiewe keuringsproses wat in September met ʼn toets begin het, was die verligting en vreugde tasbaar toe die kort- en waglys uiteindelik op Vrydag 4 Oktober aangewys kon word.

Die volledige lys is:​

​Archillies, Cindy
Bam, Helené
Barends, Sherlin​​
Cele, S'Thembile
Cohen, Melissa
Conradie, Iske
Damon, Megan
Dietz, Gretchen
Du Plessis, Jaco
Du Preez, Jeandré
Eastes, Roxanne
Horne, William
Johnstone, Chelsea​

​Krige, Jamaine
Louw, Fritz
Malherbe, Petrus
Mamogale, Regomoditswe 
Molyneaux, Anthony
Naidoo, Annzra
Omargee, Lameez
Oosthuizen, Riaan
Potgieter, Sebastiaan
Sebogodi, Gosetsemang
Sigasa, Zama
Smith, Kyle
Wilkens, Alita​

​​​

Waglys:

1. Monja Pienaar
2. Tamsyn Lunt  
3. Andrea Krüger
4. Nyeleti Furumele
5. Tracey Ruff
6. Hesmari Greyvenstein
7. Dominique Oosthuizen
8. Annemarie Henson

Studente op die kortlys het tot begin November om aan te dui of hulle beskikbaar is vir 2014. Indien, nie, kry die kandidate op die waglys in volgorde die kans.​


MEDIATOER 2013

Op die 11de Junie, skuins na vier die middag, het ons almal een vir een uit die joernalistiekgebou geloop. Met rooi oë en moeë liggame het ons ná twee maande se harde werk die vakansie met ope arms verwelkom. Maar, voordat ons finaal ’n bietjie vryheid kon hê, het ’n week se mediatoer nog op ons gewag…

Die mediatoer, asof ons almal nie al moeg van mekaar was nie, het ons vir ’n week lank met interessante aktiwiteite besig gehou. Daar was die SABC-kantore, Mzoli’s en die Iziko-galery om net ’n paar te noem. Darling en Evita se Perron, waar Evita Bezuidenhout koningkraai (of is dit nou koninginkraai?), en die Guguletu-toer was vir my die twee hoogtepunte van die toer.

Die toer het besoeke aan verskeie media-instellings ingesluit, waaronder ’n dag by Ramsey Media, uitgewer van titels soos Car en Getaway, ’n toer van e-tv se kantore, ’n kuier by Primedia en ’n SAUK-toer.

Op die pragtige, klein dorpie van Darling het Pieter-Dirk Uys ons vermaak met sy skreeusnaakse eenmanstuk. Sy uitbeelding van Pik Botha was verstommend realisties.

Die Guguletu-toer het ons soos wafferse toeriste laat voel. Ons het deur die woonbuurt met ’n bus gery en kort-kort gestop vir iets wat soos ’n aktiwiteit uit die avontuurbelaaide Survivor-program gevoel het. Ons eerste stop was by ’n sjebeen waar ons toergids die drankie umqombhuti aan ons voorgestel het.

Ons het toe ’n draai by ’n sangoma gemaak, en in sy klein kamertjie was daar onbekende reuke en allerhande snaakse goed wat uit die dak op ons koppe gehang het.

Niemand het gewaag om op te kyk nie, maar die dag was absoluut een om te onthou.

Na die einde van die week het die rooi oë bietjie minder geword. Die moeë liggame het herstel, en die vakansie het uiteindelik sy opwagting gemaak.

Dalk, net dalk, was die umqombhuti die medisyne wat ons almal na die kwartaal nodig gehad het.


3 Mei 2012

Tot watter mate is ons swaarverdiende persvryheid onder druk? Hoe gaan die nuwe "Muilbandwet" dit wat ons in ons koerante lees (en op ons selfone tweet) raak? Hoe toeganklik gaan die regering (en sy leiers) vir die media wees? Wat is die verantwoordelikheid van die media om openbare vertroue deur beste praktyk te verseker?

Dit is van die kwessies wat bespreek is op 'n seminaar om Internasionale Persvryheidsdag op Vrydag 3 Mei by die Universiteit Stellenbosch (US) te vier.

Die seminaar, met die tema Bedreigings vir Mediavryheid in Suid-Afrika, is aangebied deur die US se Departement Joernalistiek en die regsfirma Webber Wentzel.

Dr Dario Milo, ʼn vooraanstaande mediareg-kenner en vennoot by Webber Wentzel, het gepraat oor sommige van die bedreigings wat die Suid-Afrikaanse media in die gesig staar. Dit sluit in self-regulasie, statutêre regulasie en die Muilbandwet.

Die seminaar het ook ʼn paneelbespreking ingesluit met Mpumelelo Mkhabela, redakteur van die Sowetan; Alide Dasnois, redakteur van die Cape Times; Henry Jeffreys, voormalige koerantredakteur en tans ʼn onafhanklike politieke kommentator; en dr Julie Reid van die Departement Kommunikasiewetenskap by UNISA.

Foto regs: Mpumelelo Mkhabela, redakteur van die Sowetan; Henry Jeffreys, voormalige koerantredakteur en tans onafhanklike politieke kommentator; Alide Dasnois, redakteur van die Cape Times; dr Julie Reid van die Departement Kommunikasiewetenskap by UNISA; en Dr Dario Milo.

11 Maart 2013

Gradedaggeselligheid

 

Links: Mnr. Bun Booyens, redakteur van Die Burger, was die geleentheidspreker by die gradedaggeselligheid vir die MPhil- en BPhil-klasse van verlede jaar. Hy het die graduandi daarop gewys dat uitnemendheid en respek vir woorde die grondslag van sukses in die joernalistiek is.

Middel: Dr. Simphiwe Sesanti oorhandig die Roland Hill Goue Pen aan die beste MPhil-student vir 2012, Inge Lamprecht.

Regs: Mnr. Bun Booyens oorhandig die Piet Cillié-prys vir skryfstyl en formulering in die BPhil-klas van 2012 aan Suzaan Hauman. Die prys word jaarliks deur Media 24 geborg.​

Links: Christa Rohwer het die Ton Vosloo-prys vir kreatiwiteit en leierskap ontvang. Media24 borg jaarliks die prys.

Middel: Shané Barnard is die wenner van die Roland Hill Goue Pen vir die beste diepteprojek, asook die Ramsay Media-prys vir die beste algehele prestasie in die BPhil-kursus van 2012.

Regs: Dr. Gawie Botma, voorsitter van die departement, oorhandig die ORMS-prys vir fotografie aan die BPhil-student Celeste Vlok.​



29 Maart 2012

Bphil-klas van 2011

Die Bphil-klas van 2011 het op 29 Maart gegradueer en kon vir oulaas die departement op horings neem.





29 Maart 2012

BPhil 2011 Pryswenners

Die volgende pryswenners is op die onlangse gradedaggeseligheid van die Departement van Joernalistiek aangewys: van links is Gerrit Schaafsma (Ton Vosloo-prys vir leierskap), Robert Kaden (Roland Hill Goue Pen vir die beste diepteprojek), Marenet Jordaan (beste Mphil-student), Samina Anwary (Piet Cillié-prys vir skryfstyl), Tom Raath (beste Bphil-student en ook wenner van die eerste Christina Scott-prys vir wetenskapsjoernalistiek), en Chrizane van Zyl(Orms-prys vir die beste foto-projek).




Jaar begin goed vir MA-studente

Die eerste seminaar-week van die departement Joernalistiek se Meestersprogram het onlangs plaasgevind. Hier is van die kandidate, merkbaar tevrede na nóg 'n stimulerende inligtingsessie. Van links na regs (agter) Phumla Mogotsi, Kwamchetsi-Makokha en Ray Mungoshi. (Voor) Mpho Rathando, Trust Matsilele, Lydia Amutenya en Millie Phiri.







4 Februarie 2011

Mediakonvergensie onder loep in Departement Joernalistiek

Die nagraadse Departement Joernalistiek het die jaar met 'n seminaar oor mediakonvergensie begin.

By Gawie Botma (links), koordineerder van die BPhil program, is Tessa van Staden, assistent-redakteur by Eye Witness News in Kaapstad en ook dosent in radiojoernalistiek in die Departement Joernalistiek, asook Peet van Aardt, hoof: Digitale Inhoud, Reis en Motortydskrifte by Media24 en dosent in internetjoernalistiek.

Ander sprekers het Le Roux Schoeman, 'n multimedia-joernalis by TouchLab, Johann van Tonder, internetstrategis by Naspers en dosent in fotojoernalistiek, en Sarietha Engelbrecht, dosent in sosiale media, ingesluit.

​​