Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Transfomasie-indaba

​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​​​

Die US Transformasie-indaba het begin as 'n inisiatief van die Institusionele Transformasiekomitee (ITK). Tans is dit die een jaarlikse forum waar alle transformasiestrukture aan ons Universiteit – ingesluit dié wat nie op die ITK verteenwoordig word nie – ontmoet en nadink oor die algehele vordering wat gedurende die betrokke jaar gemaak is(of nie). Die Indaba dien as 'n belangrike barometer vir ervarings van transformasie by ons Universiteit en bied as sodanig belangrike insette vir refleksie en beplanning. Die doelwitte van die Indaba is om:


·     'n kollektiewe verantwoordelikheid vir transformasie-implementering en -vordering in te skerp;

·     met personeel en studente oor transformasievordering en -uitdagings wat ervaar word, te gesels; en

·     prioriteite vir die daaropvolgende jaar se transformasiewerk te bepaal.

 

Laai die volle 2022 Transformasie-indaba verslag hier​ af

Hooftoon

Reflections on Transformation at Stellenbosch University deur Prof Chris Brink 

Laai die volle 2021 Transformasie-indaba verslag hier​ af

Hooftoon

What does inclusivity mean in the context of decolonization deur Prof Rozena Maart

Laai die volle 2020 Transformasie-indaba verslag hier af

Hooftoon

Space for Unruly Transformation deur Prof Andre Keet​

​​Laai die volle 2019 Transformasie-indaba verslag hier af

Hooftoon

Transformation in Higher Education in South Africa: Current victories, opportunities and challenges deur Prof Loretta Ferris

Laai die volle 2018 Transformasie-indaba verslag hier​ af

Laai die volle 2017 Transformasie-indaba verslag hier​ af


Student Transformation Indaba.png

 

Die tema van die eerste Studente-Indaba was daarop gemik om ʼn betoog te lewer vir die vaslegging van die Studente- Institusionele Transformasiekomitee (SITK) binne die Universiteit Stellenbosch (US). Die SITK moet vasgelê word om die studentestem sinvol te erken en op die voorgrond te plaas in transformasiekwessies. 

 

Die indaba het gefokus op vyf subtemas wat as dringende transformasiekwessies geïdentifiseer is, wat moontlik omvattend deur ʼn institusioneel-vasgelegde en erkende SITK aangepak kan word. ​


 Laai die volle 2020 Studente Transformasie-indaba verslag hier​ af