Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Opleiding

​​​​​​​​​​208.png

​​​

Die Transformasiekantoorspan, in vennootskap met verskeie ander Universiteitsdepartemente en ‑afdelings, is aktief betrokke by verskillende opleidingsinisiatiewe soos werksessies en programme wat spesifiek vir die Universiteitsgemeenskap ontwikkel is. Dit sluit in:


Siyakhula Student ResED-verwelkomingsprogram

Tydens die US se verwelkomingstydperk bied die Transformasiekantoor en die Sentrum vir Studentegemeenskappe verskeie werksessies aan. As deel van die ResED-program woon elke nuwelingeerstejaarstudent van die US werksessies by wat om die drie temas sosiokulturele bewustheid, leierskap en intergroepvaardighede ontwerp is, ten einde 'n ingesteldheid van maatskaplike innovasie en ontwerp te kweek. Hierdie sessies help studente om te funksioneer in 'n nuwe sosiale omgewing wat waarskynlik in geheel van hul hoërskool s'n verskil. Ingesluit in hierdie sessies is onderwerpe soos empatiebou, etiese sosialemedia-praktyke, begrip vir ongelykheid, en die betrokkenheid van diverse identiteite. Ons uiteindelike oogmerk is om studente aan nuwe denkwyses bloot te stel en hulle te help om die wêreld deur ander se oë te sien. Verder bied die Transformasiekantoor en die Sentrum vir Studentegemeenskappe heeljaar Siyakhula Studente-opleiding aan. Ons kan die opleiding aanpas om in die spesifieke behoeftes van enige omgewing te voorsien. Om Siyakhula-studente-opleiding vir jou omgewing te versoek, stuur asseblief 'n e-pos aan shante@sun.ac.za 

 

Siyakhula-personeelprogra

m

 Om Siyakhula-personeelopleiding vir jou afdeling te bespreek, stuur asseblief 'n e-pos aan letlonkane@sun.ac.za​

 

Komplementêre Studies

Komplementêre Studies is 'n kredietdraende module wat vir derdejaar- en vierdejaaringenieurstudente aangebied word. Die doel van die module is om studente toe te rus met die werktuie om die kompleksiteite van die Suid-Afrikaanse en die breër Afrika-konteks deur hul rol as ingenieursaan te pak. Deurdat die module op betrokkenheid, kontekstuele leierskapstemas, uitdagings en geleenthede gemik is, toon studente wat die module suksesvol voltooi het, begrip vir sosiale impak en innovasie en die rol wat ingenieurs as leiers in die sosiale, ekonomiese en politieke kontekste van Suid-Afrika en Afrika kan speel. Die kursus word deur dr Leslie van Rooi en dr Claire Kelly saamgeroep en aangebied, met insette deur gasdosente. Vir meer inligting oor Kritieke Diversiteitsgeletterdheid, stuur asseblief 'n e-pos aan clairekelly@sun.ac.za