Die Siyakhula-personeel program is opnuut ontplooi en uitgebrei as deel van die Diensbillikheid- en Diversiteit-kapasiteitsontwikkelingsprogram. Sedert 2016, het meer as 600 personeellede – op alle posvlakke en uit verskillende afdelings en dissiplines – as deel van hierdie transformasiebevoegdheidsreeks aan besprekings deelgeneem. Die model van die Siyakhula-personeelprogram was nog altyd goed ontvang, omdat dit die kompleksiteit van die uitdagings waardeur US-personeel in ʼn vinnig-veranderende konteks in die gesig gestaar word, erken. Die program rus personeel toe met diversiteitskennis deur aan hulle die geleentheid te bied om van mekaar te leer, ingesteldhede te verken en vaardighede te deel om die gehalte van hulle kommunikasie en interaksie te verbeter. Vir 2020 is die opleiding aanlyn gedoen. Die sessies word nou deur Katlego Letlonkane, die Programbestuurder: Kapasiteitsontwikkeling in die afdeling Diensbillikheid en die Bevordering van Diversiteit, georganiseer en gemodereer.
_______________________________________________________________________________ Datum: Vrydag 27 Mei 2022 Tyd: 10:30 – 12:30 Onderwerp: 'n Skakelgeleentheid oor visuele regstelling en ons US institusionele kultuur Fasiliteerders: Proff Elmarie Constandius en Aslam Fataar ________________________________________________________________________________ Datum: Donderdag 23 Junie 2022 Tyd: 10:30 – 12:30 Onderwerp: 'n Refleksie oor godsdiens en kulturele insluiting Fasiliteerders: Dr Wilhelm Verwoerd en Ayanda Nyoka _________________________________________________________________________________ Datum: Vrydag 29 Julie 2022 Tyd: 10:30 – 12:30 Onderwerp: Ouerskap vir verandering: Om kinders te leer oor toestemming en liggaamlike outonomiteit Fasiliteerder: Qaqamba Mdaka __________________________________________________________________________________ Datum: Vrydag 26 Augustus 2022 Tyd: 10:30 – 12:30 Onderwerp: 'n Refleksie oor gender en gendergeweld Fasiliteerder: Dr Jill Ryan (Eenheid vir Gelykwaardigheid) __________________________________________________________________________________ Datum: Donderdag 22 September 2022 Tyd: 10:30 – 12:30 Onderwerp: Om te leef met gestremdheid by die huis: Personeelondersteuningsnetwerk Fasiliteerder: Eenheid vir Gestremdhede (Dr Marcia Lyner-Cleophas) __________________________________________________________________________________ Date: Vrydag 28 Oktober 2022 Tyd: 10:30 – 12:30 Onderwerp: Dekoloniale dialoë met Prof Kopano Ratele
Fasiliteerder: Prof Kopano Ratele
__________________________________________________________________________________
|