Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Transformasie aan die US

227.png

​​

​Die Transformasiekantoor onderneem werk en bestuur programme volgens die mandaat van die Stellenbosch Universiteit (US) Transformasieplan. Dié plan rig ons Kantoor om tot verandering en hernuwing by te dra, sodat ons kampusomgewing die sentrale waardes van die Handves van Regte van die Grondwet van Suid-Afrika reflekteer: menswaardigheid, genesing van die nasie se wonde, maatskaplike geregtigheid, vryheid, en gelykheid. Buiten die Transformasieplan en -imperatiewe in die Universiteit se Visie 2040, volg die US ook 'n vasgelegde transformasiemodel, waarvolgens alle afdelings, personeel en studente 'n rol in die transformasie van ons Universiteit speel. Hier onder is 'n diagram wat aandui waar die Transformasiekantoor op die Universiteit se organisasiestruktuur inpas.​​