Transformation
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visuele Regstelling ​ ​

​​​​​​​​​​​​​​


Die Beleid oor Visuele Regstelling wil visuele verandering op US-kampusse rig, in die besonder deur nuwe kuns-installasies; die verwydering of kontekstualisering van histories sensitiewe kuns en ander simbole; inligtingsborde op kampusse; die naamgewing en herbenoeming van geboue, lokale en ander fasiliteite en persele; verbeterde toeganklikheid tot fasiliteite, ensovoorts. Dit sal die US versterk in die strewe na transformasie in en deur visuele regstelling. 

Nietemin verg transformasie meer as beleidsbesluite; dit moet in praktiese projekte in hoëronderwyskontekste tot uiting kom. Aan die US sluit sulke projekte visueleregstellingsaksies binne kampusruimtes in.5 Die aksies word gerig deur die US se Transformasieplan, wat 'n drievoudige fokus het: plekke, mense en programme. Gevolglik word daar in die vooruitsig gestel dat die implementering van hierdie beleid regstreeks op die vernuwing van die US se institusionele kultuur, soos in die Transformasieplan uitgestip, sal inwerk. 

Die oogmerk is dat die visie van die Beleid oor Visuele Regstelling en die implementering van die onderskeie projekte wat daaruit voortvloei, die grondslag van onderrig en leer aan die US sal vorm. Die beleid voorsien stukrag vir intra- en interdissiplinêre gesprek oor visueleregstellingsaksies op kampus wat die Universiteit se kurrikulêre sowel as ko-kurrikulêre aanbod betref. Gesprek in onderrig- en leer-omgewings oor die beleid en die deurvoering daarvan is daarop gemik om kritiese bewustheid te skep van visueleregstellingsprojekte op kampus. Die Beleid oor Visuele Regstelling is ook bedoel om navorsingsmoontlikhede en -uitsette aan die US te genereer in samewerking met ander universiteite, plaaslik sowel as internasionaal. ​


Die US Visuele Regstelling Beleid ​is hier​​ beskikbaar