Sport Science
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​Welkom by die Departement Sportwetenskap​​

 

Coetzen11.jpg Coetzen6.png Coetzen10.jpgsportwetenskap_lugfoto.jpg

 

Die Departement Sportwetenskap was die eerste van sy soort in Afrika. Die eerste hoof van die departement was dr Ernst Jokl, later opgevolg deur die ewe-legendariese dr Danie Craven. Die departement is in die pragtige Stellenbosch geleë. Dit beskik oor moderne fasiliteite wat laboratoria, beide buitenshuise en binnenshuise swembaddens, muurbalbane asook 'n moderne gimnasium insluit.

Die Departement Sportwetenskap se missie is om

  • deur voortreflike onderrig en navorsing, studente tot uitnemendheid te lei om as leiers in hul vakgebied te kan funksioneer;
  • kursusinhoude, navorsingsfokus en dienslewering op markgerigte behoeftes te fokus om sodoende die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap te dien; en
  • die fisieke bates en menslike hulpbronne tot voordeel van die departement, Universiteit en gemeenskap te benut.

Die volgende terreine is die fokus van navorsing in die departement:

  • Biokinetika
  • Sportprestasiebevordering
  • Bewegingsgeletterdheid
  • Gesondheids- en fiksheidsbedryf
  • Sportgeskiedenis
  • Sport vir persone met gestremdhede