Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Biometrie

212 (8) Inleidende Biometrie (2L, 1T / 1P)

Rol van statistiek in navorsing; metodes van tabellering en grafiese voorstelling van data; beskrywende maatstawwe van lokaliteit, variasie en assosiasie; die elementêre beginsels van beraming, steekproefneming, ewekansigmaking, onsydigheid en verdelings; eenvoudige lineêre en nie-lineêre regressie; berekenin​g van standaardfoute; inleiding tot hipotesestoetsing; gebeurlikheidstabelle en chi-kwadraattoetse; toetse vir normaliteit; F-toets vir homogeniteit van variansie. Alle data sal met behulp van toepaslike sagteware ontleed word.

Buigsame assessering

V Wiskunde (Bio) 124 of V Wiskunde 114

Module koördineerder: Mnr S van der Westhuizen

Dosente: Mnr S van der Westhuizen en me Samantha Joao


242 (8) Toepassings in Biometrie (2L, 1T / 1P)

Behandelings- en proefontwerp; doeltreffendheid van beraming; analise van variansie; hipotesetoetse vir gemidde​ldes en verskille tussen gemiddeldes: F-toets, t-toets, Student se KBV; vertrouensintervalle, nie-parametriese toetse; meervoudige lineêre regressie. Alle data sal met behulp van toepaslike sagteware ontleed word.

Buigsame assessering

V Biometrie 212

Module koördineerder: Mnr S van der Westhuizen​

Dosente: Mnr S van der Westhuizen en Me Samantha Joao


311 (8) Gevorderde regressie en ANOVA (1L, 1P, 1T)

Matriksalgebra; veralgemeende lineêre model; onderskeidingsvermoë-analise; eenvoudige en meervoudige lineêre regressie; p​olinoomregressie; logistiese regressie; diagnostiese toetse vir invloedryke waarnemings; analise van kovariansie; toets van modelaannames.

​Buigsame assessering

V Biometrie 242

Module koördineerder​: Mr S van der Westhuizen

Dosent​​​: Mr S van der Westhuizen


711 (8) en 811 (8) Biometriese toepassings en data-analise in SAS

Dataverwerking en grafiese metodes met SAS Enterprise Guide. Eenvoudige beskrywende statistiek; t-toetse vir enkelpopulasies, onafhanklikesteekproef-t-toetse en enkelpopulasies, onafhanklikesteekproef- t-toetse en gepaarde t-toetse vir twee populasies; variansie-analise: totaal  ewekansige ontwerp, ewekansige blokontwerp, Latynse vierkant-ontwerp, kruisklassifikasie-ontwerpe; herhaaldewaarneming-variansie-analise; meervoudigevergelykingsprosedures. Onder­skeidingsvermoë-analise. Nie-parametriese toetse: Mann-Whitney, Wilcox, Kruskal-Wallis en Friedman; lineêre regressie en korrelasie; polinomiese regressie; meervoudige regressie; seleksie van onafhanklike veranderlikes met stapsgewyse regressie en alledeelversamelingsregressie; kovariansie-analise; kategoriesedata-analises (Chi-kwadraat-toetse); logistiese regressie. Hierdie module word in twee blokke van vyf halwe dae elk tydens die eerste semester aangebied.

Buigsame assessering

V Biometrie 212 en 242, 211. Studente met ander voorgraadse Statistiek modules sal ten minste 50% vir ʼn toelatingseksamen moet behaal.

Module koördineerder en dosent: Me Samantha Joao


721 (8) en 821 (8) Biometriese toepassings en data-analise in R

Dataverwerking en grafiese metodes met R. Eenvoudige beskrywende statistiek; t-toetse vir enkelpopulasies, onafhanklikesteekproef-t-toetse en enkelpopulasies, onafhanklikesteekproef-t-toetse en gepaarde t-toetse vir twee populasies; variansie-analise: totaal  ewekansige ontwerp, ewekansige blokontwerp, Latynse vierkant-ontwerp, kruisklassifikasie-ontwerpe; herhaalde­waarneming-variansie-analise; meervoudigevergelykingsprosedures. Onderskeidingsvermoë-analise. Nie-parametriese toetse: Mann-Whitney, Wilcox, Kruskal-Wallis en Friedman; lineêre regressie en korrelasie; polinomiese regressie; meervoudige regressie; seleksie van onafhanklike veranderlikes met stapsgewyse regressie en alledeelversamelingsregressie; kovariansie-analise; kategorieseda​ta-analises (Chi-kwadraat-toetse); logistiese regressie. Hierdie module word in twee blokke van vyf halwe dae elk in die eerste semester aangebied.

Buigsame assessering

V Biometrie 212 en 242, 211. Studente met ander voorgraadse Statistiek modules sal ten minste 50% vir ʼn toelatingseksamen moet behaal.

Module koördineerder en dosent: Mnr S van der Westhuizen