​​​​​​Nagraadse program

M.Sc. en Ph.D.

Voornemende eksterne studente moet direk aansoek doen by die Departement Aardwetenskappe vir toelating tot die nagraadse (M.Sc. en Ph.D.) programme, deur persoonlike kontak met die akademiese personeellid wat die voornemende studieleier gaan wees. Soek op die lys van akademiese personeel en hul navorsings belange.

Studente moet voldoen aan die primêre Fakulteit vereistes vir toelating tot die betrokke graad en asook volhou by Fakulteit sperdatums vir toelating. Vir hierdie inligting moet studente verwys na die Fakulteit Natuurwetenskappe se webwerf of die Fakulteit Beampte kontak, Mnr Bevin Abels, e-pos (bpa@sun.ac.za) of +27 21 808 9111.

Voor aanvanklike registrasie moet die studieleier en student departementele toestemming verkry om te registreer, deur 'n projek voorstel in te dien by die Navorsings Studente Komitee (RSC). Vind meer inligting by die "Voornemende Studente" afdeling.


 Lees ook die Engelse webwerf​, wat addisionele besonderhede bevat.


B.Sc. Honneurs

'n B.Sc. Honneurs is 'n vereiste om professionele registrasie te verkry om te werk as 'n onafhanklike geoloog (Professionele natuurwetenskaplike, SACNASP). Hieronder volg ’n opsomming van die program. Vir meer besonderhede, raadpleeg die 2018 Honneurshandboek.

Hoe om aansoek te doen en vereistes: http://www0.sun.ac.za/pgstudies/

Programstruktuur
Die honneursprogram in Aardwetenskappe is saamgestel uit drie verpligte modules, 'n navorsingsprojek en twee verdere modules uit een van twee strome. Die strome is:

(1) Toegepaste Geologie en (2) Omgewingsgeochemie

Die inhoud van elk van hierdie modules word verder verdeel in afdelings op departementele vlak en kan wissel van jaar tot jaar. Die Departement behou die reg om nie 'n gegewe module of stroom aan te bied nie, afhangende van die beskikbaarheid van personeel en studentegetalle. Die spesifieke inhoud van strome en modules vir elke jaar word verskaf voor die aanvang van die honneursjaar. Dit is moontlik vir studente om elemente van verskillende modules te neem, in konsultasie met hul studieleier en die honneursgraad koördineerder.

 

 

Vir meer inligting oor die nagraadse programme wat die Fakulteit Natuurwetenskappe aanbied, raadpleeg die afdeling oor N​agraadse Programme op die Fakulteit Natuurwetenskappe webwerf​ ​en hier​.

 

Lees ook die Engelse webwerf​, wat addisionele besonderhede bevat.

 

Keuse van Module Inhoud

Geologie van Suider Afrika
Plaat tektoniese scenarios in die evolusie van Suider Afrika; geologiese omgewings, strukturele en litologiese inventarisse; interpretasie van geologiese kaarte en seksies; praktiese toepassing van geologiese konsepte in veld-gebaseerde probleme; gevorderde veldtegnieke; veldgebaseerde sedimentologiese en stratigrafiese konsepte en verhouding met tektoniese modelle. Sluit twee weke se veldwerk in.

Navorsings Metodes in Aardwetenskappe
Teoretiese en praktiese tegnieke in Aardwetenskappe, insluitende monster seleksie en karakterisering, monster voorbereiding en analitiese tegnieke, geostatistiese analise van datastelle, data aanbieding, verslagskrywing, ruimtelike analise en modellering met GIS; toepassing van GIS om geologiese probleme te verstaan.

Konsepte in Kors Evolusie
Gevorderde petrologiese konsepte in stollings-, metamorfe en sedimentêre gesteentes; modellering van heelgesteente en mineraal-geochemiese datastelle in die interpretasie van gesteente suites en fisies-chemiese toestande van vorming; tegnieke in geochronologie en toepassing op die oplossing van geologiese probleme, toegepaste strukturele geologie, analise van kompleks vervormde terreine.

Ekonomiese Geologie
Mineraal markte en kommoditeite, ertsreserweberekening, erts mikroskopie, genetiese implikasies van erts teksture en paragenesis, geofisiese eksplorasie vir ertsafsettings, inleiding tot geologiese modellering sagteware, myn data-bestuur stelsels.

Gevaarlike Afval Terrein Assessering
Geologiese, geofisiese en ingenieurstegnieke vir verkenning, monsterneming en assessering van gevaarlike afval omgewings, analitiese tegnieke relevant tot gevaarlike omgewing stelsels, konstruksie en monitering van gevaarlike afval omgewings.

Omgewing Stelsels
Toepassing van geochemiese gevolmagtigdes vir omgewings prosesse; omgewings monsterneming, analise en interpretasie van die omgewing data stelle, hidrologiese konsepte, die gebruik van isotoop spoorders om element beweging te verstaan in die regoliet en water stelsels.