Earth Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​ 

Voornemende voorgraadse studente

Oorweeg jy om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer? Enige belangstelling in Aard Stelsel? Wil jy leer hoe om 'n bydrae te maak tot die kennis oor die aarde en sy interaksie met water en atmosferiese siklusse asook lewende organismes in die hede en verlede?

U is baie welkom om ons te kom besoek en die kans te gebruik om die departement se uitstallings van minerale, rotse en fossiele te beskou asook inloer in ons laboratoriums. Neem 'n kampus kaart en loop op jou gemak om die kampus om die Departement Aardwetenskappe te vind in die Kamer van Mynwese gebou op die hoofkampus, op die hoek van Merrimanstraat en Ryneveldstraat. Probeer om op 'n weeksdag te besoek omdat die meeste departemente gesluit is op naweke. U is ook welkom om ons personeel te besoek en vrae te vra, kontak ons asseblief vooraf by earthsciences@sun.ac.za of 021 808 3219 sodat ons tyd het vir jou. Alternatiewelik besoek ons op ons Opedag, elke jaar in Februarie.

As jy ons nie kan besoek nie, lees meer oor ons navorsing en ons voorgraadse program en die Fakulteit Natuurwetenskappe in die algemeen of laai die universiteit se voorgraadse prospektus af.

Ons program kombineer waarnemings- en veldvaardighede met die nodige wetenskaplike agtergrond. Alle kursusse beoog om kritiese denke te ontwikkel en om jou probleemoplossings hulpmiddels verbeter, noodsaaklike vaardighede om die aarde as 'n stelsel en die verwante prosesse te verstaan. Ons streef ook daarna om spanwerk te ontwikkel en voorsien u met goeie kommunikasievaardighede.

Wat sal jy doen met 'n graad in Aardwetenskappe? Ons studente vind geleenthede in baie verskillende sektore soos mynbou, omgewing konsultasie, in ingenieurswese en oseanografie, in die regering sowel as die akademie, navorsing organisasies en museums.

Vereistes: Jy moet belangstel in natuurwetenskappe en nie wiskunde vrees nie. Jy moet gemotiveer en gretig wees om nuwe konsepte te leer om globale konneksies beter te verstaan. As 'n veld geoloog of geochemikus moet jy van die buitelewe hou.

Lees ook die Engelse webwerf​, wat addisionele besonderhede bevat.

 

Hoe om aansoek te doen? Alle Fakulteit Natuurwetenskappe programme is keuringsprogramme. Sien die Fakulteite se toelating en keuring. Indien u wil aansoek doen vir een van ons programme, lees asseblief die Fakulteit se keuringsbeleid.

Rig asseblief aansoek navrae aan: Kliëntedienssentrum, Tel: 021 808 9111, E-pos: info at sun.ac.za