Tobacco Free Tygermaties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Tabakvrye-kampus


013-global-1.pngDie groter prentjie

Wêreldwyd bly rook een van die primêre oorsake van voorkombare sterftes. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe  verbind homself tot die gesondheid en welstand van sy personeel en studente, en deur die kampus in ‘n rook- en tabakvrye ruimte te omskep, skep ons ‘n veilige omgewing vir almal. Verkry meer inligting oor die gevare van tabak, hoe Suid-Afrikaanse wetgewing tans voorsiening maak vir hierdie regulasies, en waarom hierdie stap strook met internasionale tendense.