Voorgraadse Programme
BA (Sportwetenskap)
BSc (Sportwetenskap)
Ná behaling van die BA- of die BSc-graad (met Sportwetenskap) kan 'n student aansoek doen om toelating tot die nagraadse programme hieronder.
_____________________________________________________________________
Nagraadse Sertifikaat
Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS). Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.
Honneursgrade
HonsBSc
'n Beperkte getal kandidate word tot die spesialiseringsrigting Prestasiesport, Kinderkinetika en Biokinetika toegelaat. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Julie. Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.
________________________________________________________________________________________________
Magistergrade
MSc (Sportwetenskap)
Die primêre doel van die program is om die student toe te rus met navorsingsvaardighede binne die gebied van die Sportwetenskap met behulp van die beskikbaarstelling van navorsingsgeleenthede. 'n Sekondêre doel is om voornemende doktorale studente voor te berei vir gevorderde studie. Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.
_________________________________________________________________________________________________
Doktorsgrade
PhD (Sportwetenskap)
Die PhD-program het ten doel om hoëvlaknavorsingsgeleenthede vir studente in die Opvoedkunde beskikbaar te stel, om navorsingskundigheid te bevorder en om 'n oorspronklike en relevante bydrae tot wetenskaplike kennis deur wetenskapsbeoefening op 'n onafhanklike wyse te lewer. Raadpleeg die US-jaarboek, Opvoedkunde Deel 6.
Beroepsmoontlikhede
Programme
Programkomitees
Navorsingsfokusareas
US-jaarboek
Nagraadse beurse vir 2016
____________________________________