Module Kode | Krediete | Module Naam | Doseerlading |
HonsBSc in Mikrobiologie |
10439 - 772 | 60 | Eksperimentele Mikrobiologie | |
Navorsingsprojekte: Studente skakel in by ʼn navorsingslaboratorium waar hulle ʼn onafhanklike navorsingsprojek doen. Die assessering behels ’n projekvoorlegging, onafhanklike navorsing in die laboratorium, navorsingsverslae en mondelinge aanbieding van resultate. Literatuuroorsig: ʼn Geskrewe literatuurstudie en mondelinge aanbieding oor ʼn Mikrobiologie-verwante onderwerp. Mondelinge Eksamen: Algemene kennis van Mikrobiologie word getoets. |
10721 - 773 | 30 | Tegnieke in Molekulêre Mikrobiologie | 2L, 8P, 1T |
Teorie en praktika oor tegnieke in molekulêre biologie soos DNS-kloning, bakteriese en gistransformasies, plasmied-isolasies, isolasie van genoom-DNS uit bakterieë en fungi, DNS-volgordebepaling, isolasie en analise van gDNS, mRNS en proteïene, opstel van DNS-biblioteke. Algemene tegnieke soos konfokale mikroskopie, bioinformatika en statistiese ontledings. |
10483 - 774 | 30 | Geselekteerde Onderwerpe | 3L, 4P |
Geselekteerde onderwerpe word as mini-modules deur dosente of besoekende navorsers aangebied. Onderwerpe soos genoomdinamika, biologie van giste, transkripsionele beheer van eukariotiese gene, taksonomie van swamme en omgewingsmikrobiologie word behandel. |
| | | |
MSc in Mikrobiologie |
66281-828 | 180 | Tesis Mikrobiologie | |
Selfstandige navorsingswerk oor ʼn goedgekeurde onderwerp soos deur die betrokke studieleier(s) bepaal en wat tot ʼn tesis lei, word van jou vereis. Hierdie program bestaan uit ʼn 100% tesis.
Assessering en Eksaminering Na voltooiing van die navorsingsondersoek moet jy ʼn tesis tot tevredenheid van die eksaminatore inlewer en ʼn mondelinge eksamen aflê. |
| | | |
PhD in Mikrobiologie |
16284–978 | 360 | Proefskrif Mikrobiologie | |