Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Akademies

​​​​​​​​​​​​​​​Prof Le Cordeur -3.jpg 

Prof MLA le Cordeur, SOD (UWK), BEd (Unisa), HonsBA (UWK), MEd, PhD (Stell)

Voorsitter

Taalonderrig en Taal in Onderrig

BIO NOTA VAN MICHAEL LE CORDEUR

Michael le Cordeur is vol Professor en hoof van die Departement Kurrikulumstudie. Dié NNS-gegradeerde navorser was voorheen Kringbestuurder van Stellenbosch, skoolhoof en taalonderwyser. Sy navorsing en publikasies fokus op leerders se leesvaardighede, taal en identiteit, taalbeleide en taal in die onderwys. Hy verwerf 'n meesters- en 'n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch asook kwalifikasies aan die Universiteite van die Wes-Kaap en Suid-Afrika en die Stellenbosse bestuurskool. Hy is die skrywer/medeskrywer van verskeie boeke, boekhoofstukke en geakkrediteerde artikels en tree gereeld op by nasionale en internasionale konferensies. Hy het verskeie doktorale en meestersgraadstudente suksesvol begelei en is moderator vir vier universiteite. As gereelde rubriekskrywer oor die onderwys met 270 meningsartikels is hy aangewys as een van die Universiteit se mediadenkleiers in 2018 en 2019. Prof le Cordeur dien die gemeenskap op talle terreine: as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee is hy 'n mede-opsteller van die Wes-Kaapse taalbeleid. Hy is betrokke by die Internationale Centrum voor het Afrikaans by die Gent Universiteit in België, die Internasionale Vereniging vir Navorsing in Taal en Onderwys (ARLE), en direksielid van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.  Hy is die ontvanger van die Elisabeth Steijn-medalje van die SA Akademie, vyf rektorstoekennings en die Kanselierstoekenning van die US..

Office number:  4023

Phone number:  021 808 2265

Email address:  mlecorde@sun.ac.za


AJ7_9923_Zelda Barends.jpg 

Dr Zelda Barends, B Ed (SU), B Ed Hons (SU), M Ed (NWU), PhD (NWU)

Taalonderrig en Taal in Onderrig - Grondslagfase

BIO NOTA VAN ZELDA BARENDS

 

Zelda Barends is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika). Haar navorsingsbelangstelling strek binne die breër veld van voorskoolseonderwys (5 - 9 jaar), met spesifieke fokus op aspekte van leesontwikkeling, leesgeletterdheid, die professionele ontwikkeling van lees onderwysers, grondslagfase-onderwysersopleiding en werkgeïntegreerde leer. Zelda is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Navorsingsvereniging vir Vroeë Kinderopvoeding (SARAECE) en haar publikasies fokus op onderwysers se kennis vir leesgeletterdheid, asook die gebruik van werkgeïntegreerde leer om leesgeletterdheid-onderwysers beter voor te berei.

 

Kantoornommer:  4015

Telefoonnommer:  021 808 3930​

Eposadres: zbarends@sun.ac.za






Dr O Esau, BA, BEd (Hons), MEd, PhD (UWK), Dip in Ed (Hewa​t)


Kurrikulumstudie

BIO NOTA VAN OMAR ESAU

Omar Esau is 'n senior-dosent in die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit van Stellenbosch. Sy onderrig en navorsing is gefokus op onderwyseropleiding, kurrikulumontwikkeling, aksienavorsing, HIV/VIGS opvoeding, multi-kulturele en multi-religieuse onderrig. Hy het sy Phd, MEd, BEd Hons. en BA-grade aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. Hy het sy loopbaan begin op 19-jarige ouderdom nadat hy 'n 3-jaar Onderwysdiploma by de Hewat Onderwyskollege in 1985 voltooi het.  In sy loopbaan van 25 jaar as 'n praktisyn by die WKOD, het hy as onderwyser, departementshoof, adjunk-hoof en as Skoolhoof gedien.

Sy meesters- en doktorale studente werk meer breedvoerig in skoolbevordering en onderwyserontwikkeling.  As 'n spesialis op die gebied van emansiperende aksienavorsing en ook 'n Skaak uitvoerende administrateur in Suid-Afrika, het hy in 2010 'n boek gepubliseer Checkmating HIV/Aids as a Teacher Reseacher.  In sy mees onlangse gepubliseerde werke fokus hy op die voorbereiding van voordiens onderwysers vir die diverse en multi-kulturele klaskamer.​

Kantoornommer:  4020

Telefoonnommer:  021 808 3336

Eposadres:  oesau@sun.ac.za


blf 2017.jpg 

Prof BL Frick, BHuishoudk, MVerbruikerswet, PhD (Stell)

Direkteur:  Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys

BIO NOTA VAN LIEZEL FRICK

Liezel is 'n mede-professor in die Departement Kurrikulumstudie en die direkteur van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys by die Fakulteit Opvoedkunde aan Stellenbosch Universiteit (Suid-Afrika). Haar navorsingsbelangstellings setel binne die wyer are van doktorale onderrig, met 'n spesifieke fokus op aspekte van doktorale kreatiwiteit en oorspronklikheid, leer tydens doktorale studie, en doktorale supervisie. Haar meestersgraad en dotorale studente werk wyer binne die velde van hoër en volwassene onderrig, waar meeste fokus op leer binne die werksomgewing. Liezel is 'n lid van die Internasionale Doktorale Opvoedkunde Navorsingsnetwerk (oftewel die International Doctoral Education Research Network, IDERN), sowel as die Spesiale Belangegroep oor Navorser Opvoeding en Beroepe van die Europese Assosiasie vir Navorsing oor Leer en Instruksie (oftewel die Special Interest Group of the European Association for Research on Learning and Instruction (EARLI) on Researcher Education and Careers). In 2015 het sy die Beste Afrika Gevestigde Navorser Toekenning 2013-2014 ontvang by die Afrika Ontwikkelingsinstituut en die Assosiasie vir die Ontwikkeling van Opvoedkunde in Afrika. Sy hou tans 'n Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting C1 gradering.

Kantoornommer:  3049

Telefoonnommer:  021 808 3807

Epos adres:  blf@sun.ac.za



Dr Nompilo Tshuma, BBA (Andrews), MSc (NUST), NGDip (Hoër Onderwys) (Rhodes), PhD (Rhodes)

Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys

BIONOTA VAN NOMPILO TSHUMA​

Nompilo Tshuma is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie en by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. As dosent en ontwikkelaar van akademiese personeel, werk sy reeds sedert 2005 met opvoedkundige tegnologie. Nompilo het 'n PhD aan Rhodes-universiteit verwerf. Haar proefskrif het gehandel oor hoe akademici 'n weerstandskultuur ontwikkel teen die uitwerking van 'n aantal onderdrukkende strukturele magte in universiteitsverband, en hoe hierdie weerstand in hulle integrasie van opvoedkundige tegnologie tot uiting kom. In haar huidige navorsing verken sy 'n aantal IKT's in die hoër onderwys deur die ongelyke en dikwels onderdrukkende sosiale konteks te ondersoek waarin tegnologie-integrasie plaasvind.

Die magister- en PhD-studente vir wie Nompilo as studieleier optree, doen navorsing oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe op die gebied van hoëronderwysstudie, waaronder opvoedkundige tegnologie, navorsingsadministrasie, leierskap en studenteprestasie. Sy is ook die koördineerder van, en dosent in, die Nagraadse Diploma in die Hoër Onderwys-streeksprogram. Daarbenewens bied sy verskeie modules aan in die programme MPhil in die Hoër Onderwys en MPhil in Onderwys en Opleiding vir Lewenslange Leer, albei by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys.

 Kantoor: 3048

Telefoonnommer: 021 808 3908

E-posadres: ntshuma@sun.ac.za


AJ7_9959_Carina America gebruik ander foto-Edit.jpg 

Dr CG America, ODH (Pen Tech), BA, HonsBA, MComm (UWK), PhD (Stell)

Besigheidsopvoeding

BIO NOTA VAN CARINA AMERICA

Carina America is 'n senior dosent en module-koördineerder vir Besigheidsonderrrig in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch.  Sy het haar Meestergraad in Bestuurswetenskappe by die Universiteit van Wes-Kaapland behaal en haar PhD in Opvoedkunde by die Universiteit van Stellenbosch.  Haar werk en akademiese ondervinding oor die afgelope drie dekades is nou  verbind tot bestuurswetenskappe en -onderrig.  Nadat sy as onderwyser gekwalifiseer het, het sy in die velde van Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidsstudies onderrig.  Daarna het sy in die finansiële dienstesektor gewerk en toe aangesluit by die hoëropvoeding-sektor as a dosent in Ekonomie, en Finansiële bestuur; aanvanklik in 'n Fakulteit vir Ekonomiese-en Bestuurwetenskappe en daarna in die Fakulteit Opvoedkunde.  Sy het gepubliseer in geakkrediteerde tydskrifte en referate by verskeie nasionale en internasionale konferensies aangebied – die hooffokus op kwessies wat verband hou met indiens- en voordiens-onderwysopleiding in Besigheidsonderrig.  Carina was ook betrokke by navorsingsprojekte in kurrikulum en assessering vir Umalusi en het verskeie tegniese verslae geskryf as leier van die Besigheidstudiespan. Sy het (en is) as studieleier en mede-studieleier vir verskeie nagraadse studente opgetree en ook as eksaminator vir verskeie meesters- en doktorale tesisse.  Sy tree ook gereeld as resensent op vir artikels vir publikasie met betrekking tot Besigheidsonderrig.​

Kantoornommer:  3010

Telefoonnommer:  021 808 3793

Eposadres:  camerica@sun.ac.za


AJ7_9964_Louise Botha.jpg

Dr ML Botha, BSc. Ed, BSc. (Hons) Plantkunde, MSc en PhD Plant Fisiologie (RAU)

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie

BIO NOTA VAN LOUISE BOTHA

Dr Marie Louise Botha is 'n senior lektor in die Departement Kurrikulumstudies, Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy beskik oor 'n BSc. Ed, BSc (Hons), meestersgraad en doktorsgraad in Plantfisiologie wat sy aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit verwerf het. Sy het navorsingsartikels in geakkrediteerde vaktydskrifte en konferensieverrigtinge gepubliseer, en referate nasionaal en internasionaal op verskillende opvoedkundige konferensies aangebied. Sy is outeur en mede-outeur van verskillende hoofstukke in boeke rakende wetenskaponderrig, asook geredigering daarvan gedoen. Dr Botha is 'n ontvanger van 'n Fulbright-beurs waarin sy die rol van universiteit-skool verhoudings ondersoek het met die oog op die verbetering van wetenskaponderwys en -opleiding. Dr Botha is tans modulekoördineerder vir Natuur- en Lewenswetenskappe, en Kurrikulumstudies. Dr Botha spesialiseer en gee lesings in Natuurwetenskappe in die BEd-program, en Lewenswetenskappe en Kurrikulumstudies in die NOS- en BEd Hons-programme. Haar belangstellingsvelde sluit in kurrikulumondersoek, wetenskaponderwys-opvoeding, onderrig en leer, onderrigpraktyk en mentorskap. Sy het MEd- en PhD-studente suksesvol begelei en ook as mede-toesighouer opgetree vir MEd kandidate. Sy was 'n eksterne eksaminator vir talle PhD- en meestersgraadstesisse. Sy is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Opvoedkundige Navorsing (SAERA) met spesiale belangstelling in die SBG vir Kurrikulumstudies.

Kantoornommer:  4017

Telefoonnommer:  021 808 2293

Eposadres: lbot@sun.ac.za​


AJ7_0008_Nazeem Edwards.jpg

Dr N Edwards, BSc, HDE (PG Sec), BEd (Hons), MEd (UCT) , PhD (SU)​

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN NAZEEM EDWARDS

Nazeem Edwards is 'n senior dosent in die Departement Kurrikulumstudie en 'n voormalige​​ koördineerder van die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) program in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika).  Sy navorsingsfokus is binne die breë veld van Wetenskap-onderwys, met spesifieke fokus op die ontwikkeling van studente se konseptuele begrip deur ondersoekgebaseerde wetenskap-onderwys.  Dr Edwards het 'n groot belangstelling in die gebruik van rekenaargebaseerde simulasies om studente bloot te stel aan multimodale representasies van konsepte.  Hy werk ook nou saam met ander kollegas in die Chemie op die SUNCOI projek om hoërskool leerlinge van geleenthede te voorsien om praktiese vaardighede in die laboratorium aan te leer.  Hy is a lid van die South African Educational Research Association (SAERA) sedert die totstandkoming in 2013.​

Kantoornommer:  4051

Telefoonnommer:  021 808 2291

Eposadres:  nedwards@sun.ac.za


AJ7_9991_Faaiz Gierdien.jpg

Dr MF Gierdien, BSc, HOD (Kaapstad), PhD (Michigan State)

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN FAAIZ GIERDIEN

Faaiz Gierdien werk in die Departement Kurrikulumstudie as 'n senior wiskunde dosent. Sy navorsingsbelangstellings is op die gebied van wiskunde- en onderwysopleiding met spesifieke fokus op aspekte van voortgesette professionele ontwikkeling en die gebruik van inligting en kommunikasie tegnologie met betrekking tot wiskunde hervorming.  Die meesters- en doktorale studente onder sy supervisie werk meer breedvoerig in die veld van wiskunde-onderwys  en die  raakpunte met onderwyseropleiding. Dr Gierdien is mede-redakteur van Pythagoras, die primêre wiskunde-onderwys tydskrif in Suid-Afrika. Faaiz is op die oomblik die mede-ondersoeker in die Local Evidence-Driven Improvement of Mathematics Teaching and Learning Initiative (LEDIMTALI) gebaseer by die Universiteit van Wes-Kaap. Gedurende sy navorsingsgeleentheid in Desember 2017 gaan hy Hamburg Universiteit besoek waar hy sy ontwikkelende kundigheid in voortgesette professionele ontwikkelings-verwante kwessies gaan deel.  ​

Kantoornommer:  4025

Telefoonnommer: 021 808 2289

Eposadres:  faaiz@sun.ac.za


AJ7_9266.jpg 

Dr E Lampen, HonsBSc (RAU), MEd (Stell), PhD (Witw)​

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN ERNA LAMPEN

Erna Lampen is 'n lektor in die Departement Kurrikulumstudies in die Opvoedkunde fakulteit van Stellenbosch Universiteit (Suid-Afrika). Haar navorsingsbelangstellings is geanker in die groter veld van aanvanklike onderwysopleiding, met spesifieke belangstelling in aspekte van leerder- en onderwyser identiteite met betrekking tot probleem-gesentreerde wiskunde; die ontwikkleing van gerigde opmerksaamheid en onderwyser respons wat gerig is op leerderdenke. Die ontwikkeling van konsepgerigde onderwysgesprek in die klaskamer, spesifiek in die veld van meetkunde- en statistiekonderrig is 'n fokus in haar navorsing. Meesters- en  doktorale studente onder haar leiding werk breedweg in probleem-oplossing en identiteit in die konteks van skole en wiskunde klubs. ​

Kantoornommer: 4026

Telefoonnommer: 021 808 2292

Eposadres:  ernalampen@sun.ac.za​



 

​​Agatha Lebethe, HOD (UWK), DWO(UWK), MA (UWK)​

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN AGATHA LEBETHE

Agatha Lebethe is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde, Stellenbosch Universiteit (Suid-Afrika) waar sy klas gee in die grondslagfase asook in die intermediêre fase. Haar ondervinding en belangstelling in primêre wiskunde onderrig sluit in:  die bevordering van wiskundige denke, die doelwit van veelvoudige voorstellings, wiskundige begrip en die bevordering daarvan by kinders, die ontwerp van wiskunde assesseringsvrae en -take, navorsing van eie praktyk deur middel van die gebruik van “Discipline of Noticing", die narratiewe van beginner wiskunde-onderwysers en die struktuur en trajekte binne die primêre Wiskundekurrikulum.

Agatha werk tans aan haar PhD met 'n spesifieke fokus op die verstaan en die aard van eenheidsmeting in primêre wiskundeonderrig en moontlike onderrigstake en -vrae  wat sal lei tot 'n teorie van eenheidsfrekwensies.

Kantoornommer: 4024

Telefoonnommer: 021 808 2286

Eposadres: alebethe@sun.ac.za



Kurrikulum-3.jpg 

Mnr J Ruiters, Dip Ed (Dover College), FDE-Language-in-Education (UPE), Teacher Trainer Certificate (TVU-London), MA-ELT (TVU-London)​

Taalonderrig en Taal in Onderrig​

​BIO NOTA VAN JOHN RUITERS

John Ruiters is 'n dosent in Engels onderrig in die Departement Kurrikulumstudie.  Sy navorsingsbelangstellings is hoofsaaklik Toegepaste Linguistieks, maar meer spesifiek in Taalbeleid en beplanning, Meertalige onderrig, die integrasie tussen taal en konteks, onderwysopleiding and assessering van leer. Hy is 'n dosent in Meertalige Onderrig op NOS- en Honneurs vlak.John het 'n MA-graad in Engels Taalonderrig behaal en 'n Onderrig Opleidingsertifikaat by die Thames Valley University in London voltooi. Sy huidige doktorale studie se navorsingsfokus is dosentbesluitneming in komplekse, meertalige omgewings.

Kantoornommer:  3018

Telefoonnommer:  021 808 3968

Eposadres:  johnr@sun.ac.za


PR 2017.jpg

Prof PN Rule, BA, BAHons, MA TESOL (London), HDipEdAd, PhD (Wits)​

BIO NOTA VAN PETER RULE

Peter Rule is n mede-professor in die Departement Kurrikulumstudie en die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde by Stellenbosch Universiteit.  Sy navorsingsbelangstellings sluit in verskeie aspekte van volwassene en hoër opvoeding: volwassene leer in Afrika; dialoog en leer; leer en MIV en VIGS; gestremdheid en leer; gemeenskapsopvoeding; kurrikulum; studente se begrip van navorsing; en gevallestudie navorsingsmetodologie. Hy het as voorsitter van die rade van verskeie opvoedkundige nie-regeringsorganisasies opgetree. Hy is n lid van Umalusi se Assessering Standaarde Komitee en Navorsingsforum. Sy boeke sluit in, Dialogue and boundary learning (Sense Publishers, 2015) en, saam met Vaughn John, Your guide to case study research (Van Schaik, 2011). ​

Kantoornommer: 

Telefoonnommer:  021 808 2297

Eposadres:  prule2015@sun.ac.za


Robinson_Maureen.jpg

Prof M Robinson, BA (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), HOD (Kaapstad), MEd, DEd (UWK)

BIO NOTA VAN MAUREEN ROBINSON

Maureen Robinson is 'n emeritus professor in die Departement Kurrikulumstudie. Sy was voorheen 'n onderwyser aan Windemere Senior Sekondêre Skool sowel as Heideveld Senior Sekondêre  Skool.  Sy het Engels en verskeie ander vakke onderrig.  Daarna was sy 'n lektrise en materiaalontwikkelaar aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar sy onderrig op die terreine van aksienavorsing en kurrikuluminnovasie gegee het. Sy het as Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan twee universiteite gedien:  aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (2002-2012) en aan die Universiteit van Stellenbosch (2012-2017). Haar navorsingsbelangstellings is onderwysersopleiding, professionele ontwikkeling en leer, sowel as onderwysvernuwing.  Sy het wyd op hierdie onderskeie terreine gepubliseer. Sy het op die uitvoerende bestuur van verskeie nasionale en internasionale beleidstrukture gedien, waarvan die Suid-Afrikaanse Navorsingsvereniging (SAERA) en die Dekaneforum van fakulteite opvoedkunde die mees onlangse is. In 2013 het sy die VSA as 'n Fulbright beurshouer besoek. Sy het tans 'n C-1 gradering van die NNS.

​Eposadres:  mrobinson@sun.ac.za



AJ7_0004_Michele van der Merwe.jpg

Dr M van der Merwe, BA, Hons, MA, D.Litt (US) , B.Tech.Ond.cum laude (TSA​)

Taalonderrig en Taal in Onderrig​

BIO NOTA VAN MICHELE VAN DER MERWE

Michele van der Merwe is as senior dosent in Afrikaansonderrig verbonde aan die Departement Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het die grade BA, BA Hons, MA, asook D.Litt. in Afrikaans en Nederlands aan die US verwerf. Haar professionele kwalifikasies sluit 'n B.Tech.: Onderwys: Naskools cum laude aan Technikon SA in. Dr Van der Merwe is 'n NNS-gegradeerde navorser. Haar navorsingsfokusse is leksikografie, vakleksikografie, opvoedkundige leksikografie, taalkunde-onderrig en korpuslinguistiek. Michele het verskeie referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer, en ook artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte vir leksikografie gepubliseer. Michele is ʼn wenner van die Nufficbeurs vir postdoktorale navorsing by die Universiteit van Leiden in Nederland, 'n Erasmus+ Mobiliteitsbeurs vir navorsingsbesoeke aan die Universiteit Hildesheim, Duitsland en 'n mobiliteitsbeurs vir 'n besoek aan KU Leuven, België. Sy was besoekende navorser aan die Arhus Besigheidskool in Denemarke, Universiteit van Valladolid in Spanje en Humboldt Universiteit in Duitsland. Sy was ook betrokke by die Emlex Meestersprogram (European Masters in Lexicography). Tans dien sy op die Raad van Afrilex (African Association for Lexicography). Haar sosiale impakprojekte sluit die Suid-Afrikaanse Drietalige Wynindustriewoordeboek (finalis vir 'n  “ATKV Woordveertjie" vir leksikografie), sowel as MobiLex glossarium in, onderskeidelik deur Winetech en UCDG befonds. ​

Kantoornommer:  4011

Telefoonnommer:  021 808 2396

Eposadres:  michelevdm@sun.ac.za



Pumla.jpg

Dr.PP Kese,  MTech (Pentech), PhD (SU), Assessor (ETDP SETA SoR No. 201433)​ ​

Taalonderrig en Taal in Onderrig​

BIO NOTA VAN PHUMLA KESE

Phumla Kese is dosent in die Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Haar Meestersgraad in Onderwysbestuur het gefokus op luisterpraktyke met die oog op akademiese sukses. Haar navorsing  vir die PhD-graad behels die  gebruik van Afrika-tale ter bevordering van dissipline- spesifiek akademiese geletterdheid binne 'n veeltalige hoër onderwysomgewing asook menslike pedagogieë en die pedagogiek van die hede. Sy stel veral belang in die Onomatiek as 'n onderafdeling van Afrika-kultuur. Haar navorsing is gefokus op alternatiewe wyses van kenniskonstruk ter ondersteuning van tradisionele pedagogiese metodes. Pumla het 'n passie vir kreatiewe skryf en storievertelling in Engels en isiXhosa ten einde geletterdheid te bevorder.  Sy is 'n lid van die Taalfokusgroep in die  Departement Kurrikulumstudie aan die US. Sy ontvang in 2016 die Stellenbosch Onderrig en Leer Konferensietoekenning vir die beste praktykgerigte referaat getiteld: Storievertelling ter bevordering van luisterbegrip: Die tuiskoms van die gesproke woord.​

Kantoornommer:  2003

Telefoonnommer:  021 808 3971

Eposadres:  phumla@sun.ac.za


AJ7_9984_Lesley le Grange.jpg

Prof LLL le Grange, Uitgelese Professor, BSc (UWK), HOD, BA, MEd (Kaapstad), PhD (Stell)​

Wetenskap Onderwys en Omgewingsopvoeding, Navorsingsmetodologie, Kurrikulumontwikkeling

BIO NOTA VAN LESLEY LE GRANGE 

Lesley Le Grange is Uitgelese Professor in die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch. Hy het 'n BSc-graad van UWK, BA, HDO (N/G) sek, BEd, MEd cum laude van UK en 'n PhD van US. Hy is 'n voormalige voorsitter van die Departement Kurrikulumstudie en ook voormalige Visedekaan (Navorsing) van die Fakulteit Opvoedkunde aan Universiteit Stellenbosch. Lesley gee onderrig en/of doen navorsing in die vakgebiede omgewingsopvoeding, opvoedkundige navorsing, wetenskaponderwys, kurrikulumstudie, hoëronderwysstudie, en assessering. Hy het 193 publikasies en dien op redaksierade van agt ewenie-geëvalueerde vaktydskrifte. Jy het tot datum 145 referate aangebied (53 as genooide spreker) en is ontvanger van verskeie akademiese toekenings en pryse. Hy is lid van die Akkreditasie van die Raad vir Hoëronderwys en Vise-President van die Internasionale Vereeniging vir die Bevordering van Kurrikulumstudie (IVBKS). Lesley is 'n Genoot van die Royal Society van Biologie (VK) en 'n geevalueerde sosiale wetenskaplike in Suid-Afrika.  ​

Kantoornommer:  4013

Telefoonnommer:  021 808 2280

Epos adres:  llg@sun.ac.za


AJ7_0016_Chris Reddy.jpg

Prof CPS Reddy, BSc, HonsBSc, MPhil (UWK), PhD (Stell)​

 ​Kurrikulumstudies, Sosiale Wetenskappe, Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie

BIO NOTA VAN CHRIS REDDY

Chris Reddy is professor in Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsingsfokus sluit in Kurrikulumstudie, Omgewingsopvoeding en Onderwyspraktyk. Hy publiseer op gereelde basis in al drie domeine en sy publikasies behels artikels in geakkrediteerde tydskrifte, boekhoofstukke en verskeie meningsartikels in professionele tydskrifte. Hy doseer en koördineer die Meestersprogram in Opvoedkunde (MEd) in die Departement Kurrikulumstudie. Prof Reddy tree ook op as koördineerder van die Omgewings Onderwysprogram aan die Universiteit Stellenbosch (OOPUS), 'n eenheid wat navorsings- en ontwikkelingswerk doen as deel van die Fakulteit se verantwoordelikheid teenoor Sosiale Impak. Hy ontvang verskeie navorsings-toekennings ter ondersteuning van sy navorsingsprojekte, beide van statutêre owerhede soos die NNS en private befondsers en trusts. Hy is betrokke by befondsde nasionale navorsingsprojekte en het verskeie kere opgetree as projekleier vir omgewingsprojekte met in-diens opvoeders in Stellenbosch en elders in Suid-Afrika.

Kantoornommer:  4052

Telefoonnommer:  021 808 2259

Eposadres:  cpsr@sun.ac.za


fileChrista van der Walt.jpeg

Prof C van der Walt, HOD, MA (PU vir CHO), DLitt (Pret)​

Taalonderrig en Taal in Onderrig​

BIO NOTA VAN CHRISTA VAN DER WALT

Christa van der Walt is 'n professor in die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika.  Haar navorsingsbelangstellings is in die gebruik van Engels as 'n taal van onderrig en leer in meertalige kontekste, op skool- en tersiêre vlak.  Haar nagraadse studente fokus hulle projekte op Engels as taal van onderrig, akademiese geletterdheidsontwikkeling  en kurrikulumverandering binne meertalige kontekste.  Sy het die gesogte Von Humboldt genootskap ontvang en is redakteur van die Per Linguam tydskrif. Sy is 'n NRF-gegradeerde navorser en skrywer van die boek Multilingual Higher Education: Beyond English-medium Orientations, gepubliseer in 2013 deur Multilingual Matters. Haar jongste boeke gepubliseer is Multilingual Universities in South Africa (2014, Liesel Hibbert as mede-redakteur) en Academic Biliteracies: Multilingual Repertoires in Higher Education (2017, David Palfreyman as mede-redakteur), beide gepubliseer deur Multilingual Matters.​

Kantoornommer: 

Telefoonnommer:  021 808 2284

Eposadres:  cvdwalt@sun.ac.za


AJ7_0024_Sim Xeketswana.jpg

Mnr AS Xeketwana, BA (Rhodes), NOS (Rhodes), MA (Stell)​

IsiXhosa Onderrig

BIO NOTA VAN SIM XEKETWANA

Simthembile Xeketwana is n dosent in Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch (Suid-Afrika). Sy navorsingsfokus is geleë in taal en onderwys, spesifiek genre-gebaseerde pedagogie in skole. Hy lê veral klem op die onderrig van verskillende genres binne die KABV-raamwerk. Sy studente word opgelei om binne die konteks van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel klas te gee, veral op die gebied van die vak isiXhosa. Simthembile is tans 'n ingeskrewe student vir die PhD, en sy navorsing is veral gefokus op die belyning van navorsing en beleid met die praktyk. Hy is veral geïnteresseerd in die wyse waarop voorheen benadeelde Afrika-tale in skole onderrig word.​

Kantoornommer:  2002

Telefoonnommer: 021 808 3935

Epos adress:  asx@sun.ac.za​


Tarryn Hallsall (2).jpg 

Me Tarryn Halsall, B Ed (UKZN), B Ed Hons (UKZN), M Ed (UKZN)

Geskiedenis onderrig​

BIO NOTA VAN​ TARRYN HALLSALL

Tarryn Halsall is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch. Sy het die afgelope 11 jaar hoërskool Geskiedenis onderrig gegee en ook in Viëtnam onderrig.  Haar navorsing is in Geskiedenis onderrig met spesifieke fokus op Geskiedenis handboek navorsing.

Tarryn is tans besig met haar PhD wat fokus op die verteenwoordiging van BRICS lande in Suid-Afrikaans geskiedenis handboeke.

 ​Kantoornommer: 4048

Telefoonnommer:  021 808 2108

Email Address: thalsall@sun.ac.za



Dr_Tarisayi (2).png

Dr Kudzayi Savious Tarisayi, Dip Ed (UZ), BEd (MSU), MSc (NUST), PhD (UKZN)​

BIO NOTA VAN KUDZAYI SAVIOUS TARISAYI​

Kudzayi Tarisayi is 'n Geografie dosent in die Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch.  Hy voltooi 'n PhD in Sosiale Wetenskappe Onderwys aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, asook kwalifikasies van die Midlands State University en die Nasionale Universiteit van Wetenskap en Tegnologie.  Hy voltooi ook 'n Post-doktorale genootskap aan die Universiteit van KwaZulu-Natal met die fokus op onderwysmigrasie in Suid-Afrika. Hy begin sy onderwysloopbaan as 'n hoërskoolonderwyser na die verwerwing van 'n Onderwysdiploma aan Hillside Onderwyskollege, 'n pos wat hy vir  12 jaar beklee. Hy is die outeur van verskeie joernaalartikels oor landhervorming, onderwysmigrasie en GIS pedagogie.​

Kantoornommer: 4050

Telefoonnommer: 2645

 Epos adres: ktarisayi@sun.ac.za​​