Curriculum Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Akademies

​​​​Prof Le Cordeur -3.jpg 

Prof MLA le Cordeur, SOD (UWK), BEd (Unisa), HonsBA (UWK), MEd, PhD (Stell)

Voorsitter

Taalonderrig en Taal in Onderrig

BIO NOTA VAN MICHAEL LE CORDEUR

Michael le Cordeur is mede-professor en 'n NNS-gegradeerde navorser. Tans is hy die hoof van die Departement Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Voorheen was hy die kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch. Sy navorsing en publikasies handel oor leerders se lees-en skryfvermoë; taalbeleide; taal in onderwys en taalidentiteit. Prof le Cordeur dien die gemeenskap op talle terreine: as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee is hy die mede-opsteller van die Wes-Kaapse taalbeleid. As onder-voorsitter van Rachel's Angels tree hy op as mentor vir talle voorheen benadeelde leerders om universiteitstoelating te kry. Hy dien in die bestuur van die Internasionale Vereniging vir Taal in Onderwys (ARLE), asook die Internationale Centrum voor het Afrikaans by die Gent Universiteit. Voorts  is hy 'n direksielid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en die SBA. Hy is die ontvanger van vyf rektorstoekennings,  die Elisabeth Steijn-medalje van die SA Akademie en die Kanselierstoekenning van die Universiteit van Stellenbosch.

Office number:  4023

Phone number:  021 808 2265

Email address:  mlecorde@sun.ac.za


AJ7_9923_Zelda Barends.jpg 

Dr Zelda Barends, B Ed (SU), B Ed Hons (SU), M Ed (NWU), PhD (NWU)

Taalonderrig en Taal in Onderrig - Grondslagfase

BIO NOTA VAN ZELDA BARENDS

 

Zelda Barends is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika). Haar navorsingsbelangstelling strek binne die breër veld van voorskoolseonderwys (5 - 9 jaar), met spesifieke fokus op aspekte van leesontwikkeling, leesgeletterdheid, die professionele ontwikkeling van lees onderwysers, grondslagfase-onderwysersopleiding en werkgeïntegreerde leer. Zelda is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Navorsingsvereniging vir Vroeë Kinderopvoeding (SARAECE) en haar publikasies fokus op onderwysers se kennis vir leesgeletterdheid, asook die gebruik van werkgeïntegreerde leer om leesgeletterdheid-onderwysers beter voor te berei.

 

Kantoornommer:  4015

Telefoonnommer:  021 808 3930

Eposadres: zbarends@sun.ac.za


GetPhoto Arend Carl.jpg 


Prof AE Carl, HOD, HonsBA, DEd (Stell)

Kurrikulumstudie; Sosiale Wetenskappe


BIO NOTA VAN AREND CARL

Arend Carl is 'n professor in die Departement Kurrikulumstudie binne die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika). Hy was voorheen die Vise-Dekaan (Leer en Onderrig) vanaf 2007-2016. Sy navorsingsfokus is geleë binne die velde van kurrikulumteorie, sosiale wetenskappe en die rol van die onderwyser as effektiewe kurrikulumagent binne kurrikulumontwikkeling. Hy het as kurrikulumkundige reeds wyd op die terrein van kurrikulumstudie gepubliseer. Sy boek Teacher Empowerment through curriculum development word wyd aan Suid-Afrikaanse universiteite gebruik en die 5de uitgawe verskyn in 2017. Hy het ook etlike aanbiedinge op beide nasionale en internasionale konferensies gemaak.  Hy het 'n C-3 gradering van die Nasionale Navorsingsstigting.

Office number: 

Phone number:  021 808 2285

Email address:  aec2@sun.ac.za


AJ7_9989_Omar Esau.jpg

Dr O Esau, BA, MEd, PhD (UWK)

Kurrikulumstudie

BIO NOTA VAN OMAR ESAU

Omar Esau is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit van Stellenbosch. Sy onderrig en navorsing is gefokus op onderwyseropleiding, kurrikulumontwikkeling, aksienavorsing, HIV/VIGS opvoeding, multi-kulturele en multi-religieuse onderrig. Hy het sy Phd, MEd, BEd Hons. en BA-grade aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf. Hy het sy loopbaan begin op 19-jarige ouderdom nadat hy 'n 3-jaar Onderwysdiploma by de Hewat Onderwyskollege in 1985 voltooi het.  In sy loopbaan van 25 jaar as 'n praktisyn by die WKOD, het hy as onderwyser, departementshoof, adjunk-hoof en as Skoolhoof gedien.

Sy meesters- en doktorale studente werk meer breedvoerig in skoolbevordering en onderwyserontwikkeling.  As 'n spesialis op die gebied van emansiperende aksienavorsing en ook 'n Skaak uitvoerende administrateur in Suid-Afrika, het hy in 2010 'n boek gepubliseer Checkmating HIV/Aids as a Teacher Reseacher.  In sy mees onlangse gepubliseerde werke fokus hy op die voorbereiding van voordiens onderwysers vir die diverse en multi-kulturele klaskamer.

Kantoornommer:  4020

Telefoonnommer:  021 808 3336

Eposadres:  oesau@sun.ac.za


blf 2017.jpg 

Prof BL Frick, BHuishoudk, MVerbruikerswet, PhD (Stell)

Direkteur:  Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys

BIO NOTA VAN LIEZEL FRICK

Liezel Frick is ‘n mede-professor in die Departement Kurrikulumstudie en die direkteur van die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys by die Fakulteit Opvoedkunde aan Stellenbosch Universiteit (Suid-Afrika). Haar navorsingsbelangstellings setel binne die wyer are van doktorale onderrig, met ‘n spesifieke fokus op aspekte van doktorale kreatiwiteit en oorspronklikheid, leer tydens doktorale studie, en doktorale supervisie. Haar meestersgraad en dotorale studente werk wyer binne die velde van hoër en volwassene onderrig, waar meeste fokus op leer binne die werksomgewing. Liezel is ‘n lid van die Internasionale Doktorale Opvoedkunde Navorsingsnetwerk (oftewel die International Doctoral Education Research Network, IDERN), sowel as die Spesiale Belangegroep oor Navorser Opvoeding en Beroepe van die Europese Assosiasie vir Navorsing oor Leer en Instruksie (oftewel die Special Interest Group of the European Association for Research on Learning and Instruction (EARLI) on Researcher Education and Careers). In 2015 het sy die Beste Afrika Gevestigde Navorser Toekenning 2013-2014 ontvang by die Afrika Ontwikkelingsinstituut en die Assosiasie vir die Ontwikkeling van Opvoedkunde in Afrika. Sy hou tans ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting Y2 gradering.

Kantoornommer:  3049

Telefoonnommer:  021 808 3807

Epos adres:  blf@sun.ac.za


AJ7_9959_Carina America gebruik ander foto-Edit.jpg 

Dr CG America, OD (Pen Tech), HonsBA, MComm (UWK), PhD (Stell)

Sosiale Wetenskappe

BIO NOTA VAN CARINA AMERICA

Carina America is 'n dosent en module-koördineerder vir Besigheidsonderrrig in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch.  Sy het haar Meestergraad in Handel by die Universiteit van Wes-Kaapland behaal en haar PhD in Opvoedkunde by die Universiteit van Stellenbosch.  Haar werk en akademiese ondervind oor die afgelope drie dekades is nou  verbind tot besigheid/handel en besigheidsonderrig.  Nadat sy as onderwyser gekwalifiseer het, het sy in die velde van Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidsstudies onderrig.  Daarna het sy in die finansiële dienstesektor gewerk en toe aangesluit by die tersiêre onderwyssektor as a besigheidsdosent, aanvanklik in die Fakulteit vir Ekonomiese-en Bestuurwetenskappe en daarna in die Fakulteit Opvoedkunde.  Sy het gepubliseer in geakkrediteerde tydskrifte en referate by verskeie nasionale en internasionale konferensies aangebied – die hooffokus op volhoubare ontwikkeling en kwessies wat verband hou met indiens- en voordiens-onderwys in Besigheidsonderrig.  Carina is vir die afgelope nege jaar betrokke by navorsingsprojekte in kurrikulum en assessering vir Umalusi en het verskeie tegniese verslae geskryf as leier van die Besigheidstudiespan. She het as studieleier en mede-studieleier vir verskeie nagraadse studente opgetree en is ook 'n moderator vir meesters- en doktorale tesisse.  Sy het ook verskeie artikels vir publikasie hersien met betrekking tot Besigheidstudieonderrig.

Kantoornommer:  3010

Telefoonnommer:  021 808 3793

Eposadres:  camerica@sun.ac.za


AJ7_9964_Louise Botha.jpg

Dr ML Botha, MSc, PhD (RAU)​

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie

BIO NOTA VAN LOUISE BOTHA

Dr Marie Louise Botha is senior lektor in die Departement Kurrikulumstudie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het 'n BSc.Ed, BSc (Hons), Magistergraad en Doktorsgraad in Plantfisiologie wat sy van die destydse Randse Afrikaanse Universiteit behaal het. Sy het navorsingsartikels gepubliseer in geakkrediteerde joernale en konferensieverrigtinge, referate is nasionaal en internasionaal aangebied by verskeie opvoedkunde konferensies. Sy is ook mede-outeur van verskeie hoofstukke in boeke aangaande  wetenskapsonderrig. Dr Botha is 'n ontvanger van 'n Fulbright-beurs vir die ondersoek na Wetenskaponderwysers- onderrig en opleiding. Dr Botha is tans voorsitter van die BEd-program sowel as module-koördineerder vir Natuurwetenskappe in die BEd-program en Lewenswetenskappe in die NOS-program. Dr Botha spesialiseer, en bied lesings aan in die Natuurwetenskappe- en Lewenswetenskappe-kurrikulum in die BEd, NOS en BEd Hons-programme, sowel as Kurrikulumstudie in die NOS. Haar belangstellingsvelde sluit in kurrikulumondersoek, wetenskapsonderwyseropleiding, onderrig en leer, onderrigpraktyk en mentorskap. Sy bied studieleiding en mede-studieleiding aan nagraadse studente en tree op as eksterne eksaminator vir vele ander proefskrifte.

Kantoornommer:  4017

Telefoonnommer:  021 808 2293

Eposadres: lbot@sun.ac.za​


AJ7_0008_Nazeem Edwards.jpg

Dr N Edwards, BSc, HDE (PG Sec), BEd (Hons), MEd (UCT) , PhD (SU)​

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN NAZEEM EDWARDS

Nazeem Edwards is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie en is tans die koördineerder van die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) program in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika).  Sy navorsingsfokus is binne die breë veld van Wetenskap-onderwys, met spesifieke fokus op die ontwikkeling van studente se konseptuele begrip deur ondersoekgebaseerde wetenskap-onderwys.  Dr Edwards het 'n groot belangstelling in die gebruik van rekenaargebaseerde simulasies om studente bloot te stel aan multimodale representasies van konsepte.  Hy werk ook nou saam met ander kollegas in die Chemie spesialisasieveld om hoërskool leerlinge van geleenthede te voorsien om praktiese vaardighede in die laboratorium aan te leer.  Hy is a lid van die South African Educational Research Association (SAERA) sedert die totstandkoming in 2013.​

Kantoornommer:  4051

Telefoonnommer:  021 808 2291

Eposadres:  nedwards@sun.ac.za


FA (37).JPG 

Prof M Fourie-Malherbe, BA, MEd, PhD (UV), MPhil (US), HOD (UV)

Hoër Onderwys Studies

BIO NOTA VAN MAGDA FOURIE-MALHERBE

Magda Fourie-Malherbe is professor in Hoëronderwysstudies in die Sentrum vir Hoër- en Volwassene-onderwys, Department Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch.  Sy beskik oor kwalifikasies van sowel die Universiteit van die Vrystaat as Universiteit Stellenbosch, en het dertig jaar ervaring aan verskillende universiteite in Suid-Afrika as navorser, dosent, studieleier en senior bestuurder.  Haar navorsing dek hoëronderwysbeheer, -bestuur en -leierskap, onderrig en leer, gehalteversekering en transformasie.  Sy begelei tans sestien nagraadse studente wie se navorsing veral fokus op institusionele faktore wat studentesukses verhinder of bevorder. Magda is lid van die Konsortium vir Hoëronderwysnavorsers (CHER) en die Europese Hoëronderwysvereniging (EAIR), en dien op die Institusionele Ouditkomitee van die Raad op Hoëronderwys. Sy het meer as veertig bydraes tot vakwetenskaplike joernale, boeke en navorsingsverslae op haar kerfstok.

Kantoornommer :  3048

Telefoonnommer:  021 808 3908

Eposadres :  mfourie@sun.ac.za


AJ7_9991_Faaiz Gierdien.jpg

Dr MF Gierdien, BSc, HOD (Kaapstad), PhD (Michigan State)

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN FAAIZ GIERDIEN

Faaiz Gierdien werk in die Departement Kurrikulumstudie as 'n senior wiskunde dosent.  Sy navorsingsbelangstellings is op die gebied van wiskunde- en onderwysopleiding met spesifieke fokus op aspekte van voortgesette professionele ontwikkeling en die gebruik van inligting en kommunikasie tegnologie met betrekking tot wiskunde hervorming.  Die meesters- en doktorale studente onder sy supervisie werk meer breedvoerig in die veld van wiskunde-onderwys  en die  raakpunte met onderwyseropleiding. Dr Gierdien is mede-redakteur van Pythagoras, die primêre wiskunde-onderwys tydskrif in Suid-Afrika. Faaiz is op die oomblik die mede-ondersoeker in die Local Evidence-Driven Improvement of Mathematics Teaching and Learning Initiative (LEDIMTALI) gebaseer by die Universiteit van Wes-Kaap. Gedurende sy navorsingsgeleentheid in Desember 2017 gaan hy Hamburg Universiteit besoek waar hy sy ontwikkelende kundigheid in voortgesette professionele ontwikkelings-verwante kwessies gaan deel.  ​

Kantoornommer:  4025

Telefoonnommer: 021 808 2289

Eposadres:  faaiz@sun.ac.za


AJ7_9974_Karen Horn.jpg

Dr K Horn, NOS (Unisa), BIS, HonsBHCS (Pret), MSc (Edinburgh), PhD (Stell)

Sosiale Wetenskappe

BIO NOTA VAN KAREN HORN

Karen Horn, PhD (Stellenbosch) en MSc (Edinburgh), is 'n NNS gegradeerde (C2) akademikus en senior lector in die Departement Kurrikulumstudie. Sy is die skrywer van 'n aantal akademiese artikels en een boek: In Enemy Hands South Africa's POWs in WWII (2015, Jonathan Ball Publishers). In ooreenstemming met haar belangstelling in krygsgevangene-geskiedenis, is haar huidige navorsingsfokus op Italiaanse krygsgevangenes in die Unie van Suid-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die doel van die projek is om die geleefde ervaring van oorlogvoering en gevangeneskap van die Italiaanse perspektief te analiseer. Ander projekte binne die oorlog en samelewing genre sluit in militêre verpleegkunde en narratiewe in oorlog korrespondensie.​

Kantoornommer:  4016

Telefoonnommer:  021 808 2268

Epos-adres:  karenhorn@sun.ac.za


AJ7_9266.jpg 

Dr E Lampen, HonsBSc (RAU), MEd (Stell), PhD (Witw)​

Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie​

BIO NOTA VAN ERNA LAMPEN

Erna Lampen is 'n lektor in die Departement Kurrikulumstudies in die Opvoedkunde fakulteit van Stellenbosch Universiteit (Suid-Afrika). Haar navorsingsbelangstellings is geanker in die groter veld van aanvanklike onderwysopleiding, met spesifieke belangstelling in aspekte van leerder- en onderwyser identiteite met betrekking tot probleem-gesentreerde wiskunde; die ontwikkleing van gerigde opmerksaamheid en onderwyser respons wat gerig is op leerderdenke. Die ontwikkeling van konsepgerigde onderwysgesprek in die klaskamer, spesifiek in die veld van meetkunde- en statistiekonderrig is 'n fokus in haar navorsing. Meesters- en  doktorale studente onder haar leiding werk breedweg in probleem-oplossing en identiteit in die konteks van skole en wiskunde klubs. ​

Kantoornommer: 4026

Telefoonnommer: 021 808 2292

Eposadres:  ernalampen@sun.ac.za


AJ7_9912_Renee Nathanson wil ander foto opsit.jpg

Dr RR Nathanson, BA, HOD, Dip Spesialisering in Remediërende Onderwys (SSRO), HonsBA, MEd, PhD (Stell) 

​Taalonderrig en Taal in Onderrig

BIO NOTA VAN RENEE NATHANSON

Renee Nathanson is 'n dosent in die Departement Kurrikulumstudie van die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch. Sy verwerf 'n PhD-graad in Skoolgebaseerde benaderings tot geletterheidsonderrig en is toegewyd om taal- en geletterdheidsonderrig op skool- en universiteitsvlak te bevorder. Sy bestuur tans 'n navorsingsprojek wat ondersoek doen oor die gebruik van tablet-rekenaars en die impak op onderrig en leer in skool- en universiteitsomgewings. In die besonder behels die doelwit van die projek die gebruik van tablet-rekenaars om weg te beweeg van 'n lesinggebaseerde benadering na 'n leerdergesentreerde, navraaggebaseerde benadering tot onderrig en leer. Om die oorgang van universiteit na skool te fasiliteer, werk sy baie nou saam met vennootskole waar studente hulle praktiese onderwys kan doen. Sy het die Rektorstoekenning ontvang en ook die Rotariërs Klub van Gordonsbaai se toekenning van buitengewone bydrae tot plaaslike gemeenskappe.  Sy dien op die Advieskomitee van die London Education Research Symposium en het vele artikels in eweknie-geëvalueerde tydskrifte oor professionele ontwikkeling van geletterdheid onderwysers gepubliseer. ​

Kantoornommer:  3018

Telefoonnommer:  021 808 2282

Eposadres:  rrn@sun.ac.za


Krystle foto.jpg 

Dr Krystle Ontong, BEd, HonsBEd, MEd, PhD (SU)​

Sosiale Wetenskappe​, Geografie

BIO NOTA VAN KRYSTLE ONTONG 

Krystle Ontong is nuut aangestelde dosent in die Departement Kurrikulumstudies in die Opvoedkunde Fakulteit aan die die Universiteit Stellenbosch (Suid-Afrika). Haar navorsing is in die veld van geografie onderwys en omgewingsopvoeding, met spesifieke verwysing na plek-bewuste onderwys, plek-gebaseerde onderwys en opvoeding vir volhoubaarheid. Krystle het beide haar voorgraadse en nagraadse studies aan die die Universiteit Stellenbosch voltooi (2004-2013). Na die verwerwing van haar doktorale graad in 2013 was sy 'n na-doktorale genootskap toegeken by dieselfde instelling. Tydens die verloop van haar studies het sy verskeie meriete toekennings en beurse ontvang onder andere die Rektor's toekenning vir akademiese prestasie asook die Andrew Mellon en NRF beurse. Sy was ook 'n lid van die Golden Key International Honour Society as deel van die top 15% van voorgraadse studente aan die Universiteit Stellenbosch.

Kantoornommer:  3048

telefoonnommer:  021 808 2645

Eposadres:  krystle@sun.ac.za


Kurrikulum-3.jpg 

Mnr J Ruiters, Dip Ed (Dover College), FDE-Language-in-Education (UPE), Teacher Trainer Certificate (TVU-London), MA-ELT (TVU-London)​

Taalonderrig en Taal in Onderrig

​BIO NOTA VAN JOHN RUITERS

John Ruiters is 'n dosent in Engels onderrig in die Departement Kurrikulumstudie.  Sy navorsingsbelangstellings is hoofsaaklik Toegepaste Linguistieks, maar meer spesifiek in Taalbeleid en beplanning, Meertalige onderrig, die integrasie tussen taal en konteks, onderwysopleiding and assessering van leer. Hy is 'n dosent in Meertalige Onderrig op NOS- en Honneurs vlak.John het 'n MA-graad in Engels Taalonderrig behaal en 'n Onderrig Opleidingsertifikaat by die Thames Valley University in London voltooi. Sy huidige doktorale studie se navorsingsfokus is dosentbesluitneming in komplekse, meertalige omgewings.

Kantoornommer:  3018

Telefoonnommer:  021 808 3968

Eposadres:  johnr@sun.ac.za


PR 2017.jpg

Prof PN Rule, BA, BAHons, MA TESOL (London), HDipEdAd, PhD (Wits)​

BIO NOTA VAN PETER RULE

Peter Rule is n mede-professor in die Departement Kurrikulumstudie en die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde by Stellenbosch Universiteit.  Sy navorsingsbelangstellings sluit in verskeie aspekte van volwassene en hoër opvoeding: volwassene leer in Afrika; dialoog en leer; leer en MIV en VIGS; gestremdheid en leer; gemeenskapsopvoeding; kurrikulum; studente se begrip van navorsing; en gevallestudie navorsingsmetodologie. Hy het as voorsitter van die rade van verskeie opvoedkundige nie-regeringsorganisasies opgetree. Hy is n lid van Umalusi se Assessering Standaarde Komitee en Navorsingsforum. Sy boeke sluit in, Dialogue and boundary learning (Sense Publishers, 2015) en, saam met Vaughn John, Your guide to case study research (Van Schaik, 2011). ​

Kantoornommer: 

Telefoonnommer:  021 808 2297

Eposadres:  prule2015@sun.ac.za


Robinson_Maureen.jpg

Prof M Robinson, BA (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), HOD (Kaapstad), MEd, DEd (UWK)

BIO NOTA VAN MAUREEN ROBINSON

Maureen Robinson is 'n professor in die Departement Kurrikulumstudie. Sy was voorheen 'n onderwyser aan Windemere Senior Sekondêre Skool sowel as Heideveld Senior Sekondêre  Skool.  Sy het Engels en verskeie ander vakke onderrig.  Daarna was sy 'n lektrise en materiaalontwikkelaar aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar sy onderrig op die terreine van aksienavorsing en kurrikuluminnovasie gegee het. Sy het as Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan twee universiteite gedien:  aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (2002-2012) en aan die Universiteit van Stellenbosch (2012-2017). Haar navorsingsbelangstellings is onderwysersopleiding, professionele ontwikkeling en leer, sowel as onderwysvernuwing.  Sy het wyd op hierdie onderskeie terreine gepubliseer. Sy het op die uitvoerende bestuur van verskeie nasionale en internasionale beleidstrukture gedien, waarvan die Suid-Afrikaanse Navorsingsvereniging (SAERA) en die Dekaneforum van fakulteite opvoedkunde die mees onlangse is.  In 2013 het sy die VSA as 'n Fulbright beurshouer besoek.  Sy het tans 'n C-1 gradering van die NNS.

Kantoornommer:  1006 (vanaf 2018, lokaal 3015)

Telefoonnommer:  021 808 4812

Eposadres:  mrobinson@sun.ac.za


AJ7_0004_Michele van der Merwe.jpg

Dr M van der Merwe, BTech (Tech SA), MA, DLitt (Stell)

Taalonderrig en Taal in Onderrig

BIO NOTA VAN MICHELE VAN DER MERWE

Dr Michele van der Merwe is verbonde as dosent aan die Departement van Kurrikulumstudies: Afrikaans. Sy doseer Afrikaanse taalopvoeding, met die fokus op taalkunde-onderrig op voorgraadse en nagraadse vlak. Haar navorsingsveld is leksikografie, met spesifieke fokus op opvoedkundige leksikografie, vakleksikografie, asook elektroniese leksikografie. Sy vors ook veral die gebruik van tegnologie in taalonderrig na. Dr Van der Merwe is sameroeper van die Taalfokusgroep en koördineer die BEd Honneurs Taalopvoedingskursus. Sy is projekbestuurder van beide die Suid-Afrikaanse Wynindustriewoordeboek, asook MobiLex, 'n selfoonvakwoordeboek vir studente aan die Universiteit van Stellenbosch. Dr Van der Merwe is lid van vakverenigings soos die African Association of Lexicography (Afrilex) en Research in Lexicography (RELEX).​

Kantoornommer:  4011

Telefoonnommer:  021 808 2396

Eposadres:  michelevdm@sun.ac.za


Pumla.jpg

Ms PP Kese MTech (Pentech),   Assessor (ETDP SETA SoR No. 201433)​ ​

Taalonderrig en Taal in Onderrig

BIO NOTA VAN PHUMLA KESE

Phumla Kese is dosent in die Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Haar Meestersgraad in Onderwysbestuur het gefokus op luisterpraktyke met die oog op akademiese sukses. Haar navorsing  vir die PhD-graad behels die  gebruik van Afrika-tale ter bevordering van dissipline- spesifiek akademiese geletterdheid binne 'n veeltalige hoër onderwysomgewing asook menslike pedagogieë en die pedagogiek van die hede. Sy stel veral belang in die Onomatiek as 'n onderafdeling van Afrika-kultuur. Haar navorsing is gefokus op alternatiewe wyses van kenniskonstruk ter ondersteuning van tradisionele pedagogiese metodes. Pumla het 'n passie vir kreatiewe skryf en storievertelling in Engels en isiXhosa ten einde geletterdheid te bevorder.  Sy is 'n lid van die Taalfokusgroep in die  Departement Kurrikulumstudie aan die US. Sy ontvang in 2016 die Stellenbosch Onderrig en Leer Konferensietoekenning vir die beste praktykgerigte referaat getiteld: Storievertelling ter bevordering van luisterbegrip: Die tuiskoms van die gesproke woord.​

Kantoornommer:  2003

Telefoonnommer:  021 808 3971

Eposadres:  phumla@sun.ac.za


AJ7_9984_Lesley le Grange.jpg

Prof LLL le Grange, Uitgelese Professor, BSc (UWK), HOD, BA, MEd (Kaapstad), PhD (Stell)​

Wetenskap Onderwys en Omgewingsopvoeding, Navorsingsmetodologie, Kurrikulumontwikkeling

BIO NOTA VAN LESLEY LE GRANGE 

Lesley Le Grange is Uitgelese Professor in die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch. Hy het 'n BSc-graad van UWK, BA, HDO (N/G) sek, BEd, MEd cum laude van UK en 'n PhD van US. Hy is 'n voormalige voorsitter van die Departement Kurrikulumstudie en ook voormalige Visedekaan (Navorsing) van die Fakulteit Opvoedkunde aan Universiteit Stellenbosch. Lesley gee onderrig en/of doen navorsing in die vakgebiede omgewingsopvoeding, opvoedkundige navorsing, wetenskaponderwys, kurrikulumstudie, hoëronderwysstudie, en assessering. Hy het 193 publikasies en dien op redaksierade van agt ewenie-geëvalueerde vaktydskrifte. Jy het tot datum 145 referate aangebied (53 as genooide spreker) en is ontvanger van verskeie akademiese toekenings en pryse. Hy is lid van die Akkreditasie van die Raad vir Hoëronderwys en Vise-President van die Internasionale Vereeniging vir die Bevordering van Kurrikulumstudie (IVBKS). Lesley is 'n Genoot van die Royal Society van Biologie (VK) en 'n geevalueerde sosiale wetenskaplike in Suid-Afrika.  ​

Kantoornommer:  4013

Telefoonnommer:  021 808 2280

Epos adres:  llg@sun.ac.za


AJ7_0016_Chris Reddy.jpg

Prof CPS Reddy, BSc, HonsBSc, MPhil (UWK), PhD (Stell)

 ​Kurrikulumstudies, Sosiale Wetenskappe, Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie

BIO NOTA VAN CHRIS REDDY

Chris Reddy is professor in Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsingsfokus sluit in Kurrikulumstudie, Omgewingsopvoeding en Onderwyspraktyk. Hy publiseer op gereelde basis in al drie domeine en sy publikasies behels artikels in geakkrediteerde tydskrifte, boekhoofstukke en verskeie meningsartikels in professionele tydskrifte. Hy doseer en koördineer die Meestersprogram in Opvoedkunde (MEd) in die Departement Kurrikulumstudie. Prof Reddy tree ook op as koördineerder van die Omgewings Onderwysprogram aan die Universiteit Stellenbosch (OOPUS), 'n eenheid wat navorsings- en ontwikkelingswerk doen as deel van die Fakulteit se verantwoordelikheid teenoor Sosiale Impak. Hy ontvang verskeie navorsings-toekennings ter ondersteuning van sy navorsingsprojekte, beide van statutêre owerhede soos die NNS en private befondsers en trusts. Hy is betrokke by befondsde nasionale navorsingsprojekte en het verskeie kere opgetree as projekleier vir omgewingsprojekte met in-diens opvoeders in Stellenbosch en elders in Suid-Afrika.

Kantoornommer:  4052

Telefoonnommer:  021 808 2259

Eposadres:  cpsr@sun.ac.za


fileChrista van der Walt.jpeg

Prof C van der Walt, HOD, MA (PU vir CHO), DLitt (Pret)​

Taalonderrig en Taal in Onderrig​

BIO NOTA VAN CHRISTA VAN DER WALT

Christa van der Walt is 'n professor in die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika.  Haar navorsingsbelangstellings is in die gebruik van Engels as 'n taal van onderrig en leer in meertalige kontekste, op skool- en tersiêre vlak.  Haar nagraadse studente fokus hulle projekte op Engels as taal van onderrig, akademiese geletterdheidsontwikkeling  en kurrikulumverandering binne meertalige kontekste.  Sy het die gesogte Von Humboldt genootskap ontvang en is redakteur van die Per Linguam tydskrif. Sy is 'n NRF-gegradeerde navorser en skrywer van die boek Multilingual Higher Education: Beyond English-medium Orientations, gepubliseer in 2013 deur Multilingual Matters. Haar jongste boeke gepubliseer is Multilingual Universities in South Africa (2014, Liesel Hibbert as mede-redakteur) en Academic Biliteracies: Multilingual Repertoires in Higher Education (2017, David Palfreyman as mede-redakteur), beide gepubliseer deur Multilingual Matters.​

Kantoornommer: 

Telefoonnommer:  021 808 2284

Eposadres:  cvdwalt@sun.ac.za


AJ7_0024_Sim Xeketswana.jpg

Mnr AS Xeketwana, BA (Rhodes), NOS (Rhodes), MA (Stell)​

IsiXhosa Onderrig

BIO NOTA VAN SIM XEKETWANA

Simthembile Xeketwana is n dosent in Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch (Suid-Afrika). Sy navorsingsfokus is geleë in taal en onderwys, spesifiek genre-gebaseerde pedagogie in skole. Hy lê veral klem op die onderrig van verskillende genres binne die KABV-raamwerk. Sy studente word opgelei om binne die konteks van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel klas te gee, veral op die gebied van die vak isiXhosa. Simthembile is tans 'n ingeskrewe student vir die PhD, en sy navorsing is veral gefokus op die belyning van navorsing en beleid met die praktyk. Hy is veral geïnteresseerd in die wyse waarop voorheen benadeelde Afrika-tale in skole onderrig word.​

Kantoornommer:  2002

Telefoonnommer: 021 808 3935

Epos adress:  asx@sun.ac.za​