Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Agtergrond & Missie

Agtergrond

Die Hortologie Departement het met rasse skrede gegroei sedert die ontstaan in 1918. Gedurende die begin jare, het onderrig en navorsing gefokus op produksie metodes van geskikte sagtevrugte kultivars vir die opkomende Suid-Afrikaanse vrugte industrie. Van meet af aan was interaksie met en

LOMBARDI-BUILDING.jpg
ondersteuning van die bedryf belangrik en dit bly steeds die hoeksteen van die Department se aktiwiteite.

In die daaropvolgende periode van geleidelike groei en toenemende klem op die wetenskap van vrugteproduksie (as Pomologie Departement), het die Departement vanaf die vroeë 1980's, ʼn nuwe fase beleef van snelle ontwikkeling en fokus op navorsing en na-oes opleiding.  Gedurende hierdie tydperk, is kundigheid ontwikkel vir die snyblom-industrie (hoofsaaklik inheemse fynbos kultivars) sowel as die sitrusbedryf in die Weskaap. Om die toename in diversiteit te weerspieël, is die naamsverandering na die Hortologie Departement geïmplimenteer vanaf 1974.

Gedurende die laaste 15 jaar het die navorsingsfasiliteite in die laboratoria, sowel as in die veld, noemenswaardig verbeter. Daar is begin met die ontwikkeling van koolhidraat- en plantgroeireguleerder laboratoria wat gelei het tot die verkryging van moderne toerusting vir na-oes en eko-fisiologie navorsing. Die Departement is nou goed gepossisioneer vir wêreldklas navorsing en opleiding.

Die volgehoue navorsing rakende boordpraktyke soos snoei en oplei sowel as die behoefte van praktiese, eerstehandse opleiding van studente, het ʼn behoefte geïdentifiseer wat deur die ontwikkeling van die Welgevallen Proefplaas in Stellenbosch aangespreek is met moderne aanplantings van appel, peer, pruim en sitrus kultivars in die mid 1990's. Hierdie boorde word tans ook benut vir navorsing in tegnologie soos oorhoofse verkoeling om klimaatsverandering te oorbrug. Ter aanvulling hiervan, word deurlopende proewe vir nuwe en verbeterde uitdun- en rusbreek chemikalieë uitgevoer op kommersiële plase tot voordeel van die vrugtebedrywe.​

Missie

Om voor- en nagraadse studente op te voed en op te lei in plant biologie (groei en ontwikkeling, eko-fisiologie, na-oes fisiologie) vir sagtevrugte en bladhoudende boom sisteme in kommersiële hortologie, om studente toe te rus om kompeterend te wees in die arbeidsmark.

Om dinamiese navorsing uit te voer in die sagtevrugte- en sitrusbedrywe en waarde tot tegnologie te voeg vir industrie vennote om hul globale kompeterende voordele en winsgewendheid te behou.