Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe om aansoek te doen vir nagraadse studies

Voor jy oorweeg sal word vir nagraadse studies aan die Departement van Hortologie, sal jy eers moet offisiële aansoek by die Universiteit van Stellenbosch

Die aansoek kan direk gedoen word op die onderstaande webskakel:

http://www0.sun.ac.za/pgstudies/

 

 (Let op- al word die registrasie aansoek aanlyn voltooi, moet die laaste bladsy daarvan nog steeds faks of gepos word na die universiteit en die bladsy moet geteken word deur jou.)

Let daarop dat die universiteit die volgende ondersteunende dokumente benodig om jou aansoek te verwerk.

  • Vorige graad sertifikate
  • Akademiese rekord
  • Toestemmingsvorm geteken deur die aansoeker
  • Bewys van betaling van die aansoekfooi (nie Suid Afrikaners hoe dit nie te betaal nie)

 

Die informasie kan as e-pos gestuur word na info@sun.ac.za of gefaks word na 021 808 3822.

NB!! Daar moet ook ʼn motiveringsbrief deur jou geskryf en gestuur word na hortsci@sun.ac.za. Dit moet die volgende insluit:

  1. Hoekom wil jy ʼn nagraadse graad behaal?
  2. Wat, indien enige, is jou navorsing ervaring.
  3. Waarin stel jy belang itv navorsing in Hortologie. Indien moontlik dui aan of jy navorsing voor of na-oes aspekte en watter vrugtipe (sagtevrugte of sitrus) of blomme verkies jy om op te werk. Dui ook aan as jy nie 'n duidelik voorkeur het nie.

 

As jy enige probleme met die aanlyn registrasie ervaar, kontak info@sun.ac.za wat sal kan help met vrae oor die aanlyn registrasie proses.

 

ʼn Alternatiewe roete is om dmv ʼn harde kopie die aansoekvorms te pos aan die Universiteit. Die vorms kan verkry word  by:

Tel: +27(0)21 808 9111 
E-mail: info@sun.ac.za 
Pos: Aansoeke, 
Privaat sak X1, 
Matieland, 
7602

 

Ons sien uit daarna om jou aansoek te ontvang