Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gallery en Nuus

​​Subtropiese module groep-1.jpg​​

US-hortoloë kan ook nou leer oor subtropiese vrugte

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie kan derdejaar BScAgric-studente met Hortologie as hoofvak meer leer oor die verbouing en bemarking van subtropiese vrugte soos avokado's, mango's en lietsjies. Die eerste lesings van dié nuwe keusemodule word sedert die begin van die nuwe universiteitskwartaal deur kundiges uit die bedryf aangebied.

“Die aanbied van hierdie keuse-opsie vir ons hortologiestudente is in lyn met ons visie om kundiges op te lei wat 'n holistiese oorsig het oor die Suider-Afrikaanse vrugtebedryf in die breë," verduidelik dr Lynn Hoffman, voorsitter van die US Departement Hortologie.

Die module, Hortologie 362, is 'n keuse binne die program wat BScAgric-studente met 'n fokus op Plant- en Grondwetenskappe volg.

Dr Hoffman het beklemtoon dat dosering en navorsing in die US Departement Hortologie oor die verbouing van meerjarige, houtagtige gewasse soos vrugte en snyblomme soos Kaapse fynbos steeds volstoom voortgaan. Dit sluit in sagtevrugte soos appels en pere, sitrusvrugte en steenvrugte soos appelkose en pruime asook snyblomme wat veral in die Wes-Kaap aard.

“Die nuwe module maak egter verder deure oop vir US-studente wat in die vrugtebedryf wil werk, maar nie noodwendig net in die tradisionele sagtevrugtestreke van die Wes-Kaap hul merk wil maak nie," verduidelik sy.

Die meeste van die lesings wat in hierdie kwartaal aangebied word, sal deur kundiges in die bedryf gelewer word. Na verwagting sal 'n kundige uit die bedryf volgende jaar na die Universiteit gesekondeer word.

Die module het op 'n hoë noot afgeskop, met die hoofuitvoerende beampte van die subtropiese vrugteprodusente-assosiasie SubTrop, Derik Donkin, wat eerste aan die woord was.

Hy het die 37 studente wat vir die module geregistreer het vertel dat die steeds groeiende Suid-Afrikaanse avokadobedryf tans sowat R1,85 miljard sterk is en in 2018  ongeveer 170 000 ton vrugte gelewer het. Minstens 360 produsente is daarby betrokke, met die meeste produksie wat in die noordelike provinsies plaasvind. Donkin het ook uitgewys dat die bedryf met aanplantings van by die 1000 hektaar per jaar groei, en dat produksiegebiede selfs al na die Suid-Kaap uitgebrei het.

Deur Engela Duvenhage

  • Foto: Die eerste module ooit oor subtropiese vrugte aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Hortologie het op 'n hoë noot afgeskop, met 'n lesing deur die hoof-uitvoerende beampte van die vrugteprodusente-assosiasie SubTrop, Derik Donkin (regs voor). Hier is hy saam met die eerste groep derdejaar BScAgric-studente wat vir die module geregistreer het, saam met die Departement Hortologie se prof Karen Theron (links voor) en voorsitter dr Lynn Hoffman (naasregs voor), asook Juan Winter (gasdosent en landbou-ekonoom van Sourcebi). Fotograaf: Anton Jordaan​


 


 

Karen1.png 


 


 

 

This #WomanCrushWednesday we are celebrating #Inspiring #Women in the #AgriSciences faculty.

Prof Karen Theron is a Professor in the Dept of #Horticultural Science and holds a research chair. View her research here:
http://bit.ly/33x4Vyr

#WCW #WomensMonth #InspiringWomen

 

 

 

 

ElmiLotze.png 

Dr Elmi Lotze - Women of SU

 

 

VisitFineBros.jpg