Horticultural Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor ons

Welkom by die Hortologie Departement
(Jou vennoot vir ‘n groener  toekoms)


" Horticulturalists provide food to feed the world, beautify our neighbourhoods, decorate our gardens and give ambience and wellbeing by combining the energy of the sun with soil, seeds, water, and ingenuity." - Harvesting the Sun (2012, ISHS).


 

 

Wat die Departement doen

Die Hortologie Departement is gemoeid met die oplei van hortoloë wat oor die kundigheid beskik om betrokke te kan raak by alle aspekte van die vrugte (appels, pere, steenvrugte soos pruime en perskes, sitrus, sowel as olywe, granate, vye, neute en bessies) en snyblom bedrywe.

Ons lei hortoloë met hoë aansien op wat gesog is by die industrieë vanweë hul indiepte kennis van alle produksie aspekte sowel as die fisiologiese prosesse tyedens die produsering van vrugte en snyblomme. Verder word ons studente toegerus met die vermoë om voorpunt navorsing te kan doen en tegnologiese innovasie suksesvol te implementeer.

 

 

Wat jy sal ondervind as hortologie student

Tydens jou studies sal jy blootgestel word aan alle aspekte van die industrie, van produksie tot by die supermarkrak in Europa, VSA ,Verre en Midde Ooste. Jy sal ook leer hoe die klimaat die vrugte- en snyblomproduksie affekteer – die vermoë om by veranderende klimaatstoestande aan te pas is selfs meer belangrik. Jy sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook geleentheid kry om jou eie boord te bestuur, kommersiële plase, pakstore en verwerkingsaanlegte te besoek terwyl uitvoerders lesings aanbied aangaande die konsultasie bedryf, produksie uitdagings en hoe om ‘n nuwe industrie geleentheid tot stand te bring.

 

 

Loopbaangeleenthede

As hortoloog is jy aanstelbaar as ‘n konsultant, entrepreneur, kweekhuisbestuurder, tegniese bestuurder, produksiebestuurder, pakstoorbestuuder, uitvoerder van vrugte en/of snyblomme, gehalte beheerder, agro-chemiese hortoloog, vars gesnyde produk lynbestuurder, logistieke produkbestuurder, landbou ekonomie adviseur, akademikus/lektor, uitbreidingsoffisier, tegnikus of navorser. Met die voltooïng van jou studies kan jy ‘n proffesionle amp beklee met hoë agting van die industrie, tot so ‘n mate dat jou indienseembaarheid bykans verseker kan word beide plaaslik en wereldwyd in posisies was finansieël baie kompeterend is.

 

'n Eenvoudige leuse: "Om die produksie van soveel verskillende gewasse te verstaan = soveel verskillende werksgeleenhede" ​​


​​