Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsfasiliteite

​​


Die departement besit oor goeie toegeruste laboratoriums en biotegnologie weefsel kultuur fasiliteite. Daar is 'n ten volle toegeruste laboratorium beskikbaar vir studente wat uitmaak van die honneurskursus in genetika. Die molekulêre afdeling is veral goed toegerus vir studies wat fokus op die identifisering van merker gene, mutasies en nuttige gene (bv. siekte en insekte weerstand in plante).







Die proefplase van die Universiteit van Stellenbosch – Welgevallen en Mariendahl – is goed toegerus met kweekhuise, groeikamers en eksperimentele velde wat gebruik word vir die plant en evaluasie van plant teelmateriaal. Eksperimentele plot planters, stropers en saad skoonmaak toerusting is ook beskikbaar.










Die departement besit ook 'n rekenaarlaboratorium wat toegerus is met 10 rekenaar stasies wat gebruik word vir interaktiewe onderrig (Biometrie, plant- en dierteling), en is beskikbaar vir alle departementele nagraadse studente en personeel.




.

 Die Sentrale Analitiese Fasiliteite (SAF) word gehuisves in dieselfde gebou as die Departement van Genetika en bied 'n wye verskeidenheid van dienste aan: DNA ekstraksies, PKR reaksies, SNP karakterisering, Sanger volgordebepaling en volgende generasie volgordebepaling ("next-generation sequencing").








Die universiteit se biblioteek​ is goed toegerus met boeke en joernale oor genetika en verwante dissiplines.