Student Parliament
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gee jou mening

Ons, die Studente Parlement, moedig alle Maties aan om kampus kwessies aantespreek, ons moedig ook robuuste dialoog aan en ons streef daarna om 'n kultuur van deursigtigheid en aanspreeklikheid te kweek, nie net op die kampus nie, maar on dit in die harte en gedagtes van ons toekomstige leiers te ontwikkel.

Studente kan hul kommer uitspreek deur agenda punte aan die Studente Parlement te stuur wat bespreek sal word tydens sittings. Het u enige probleme / bekommernisse op die oomblik? Is daar enige kritiese en dringende sake wat onmiddellike aandag vereis? Het u enige aanbevelings of oplossings? Studente wat agenda onderwerpe instuur is die bepaalenede faktor vir die Student Parlement Sittings. Ons streef daarna om 'n veilige platform aan kampus te voorsien waar sake met passie bespreek kan word. Stuur asb agenda punte aan studpar@sun.ac.za.

Verder is ons ook op Facebook en Twitter @Stelstudpar. Voel asseblief vry om kommentaar te lewer of gesprekke te beign. Jou robuuste dialoog word baie waardeer.