Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Dienste op die Kampus

​​Ondersteuningsdienste op die Kampus

 

Finansiële hulp


Indien jy finansiële ondersteuning benodig met studiegeld of huisvesting, kontak gerus me Lynette Williams by lrw@sun.ac.za by die Sentrum vir Beurse en Lenings, Afdeling Studente Toegang of die Kontak- en Kliëntedienssentrum by tel 021 808 9111. Vir Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) beurse, doen aansoek op www.nsfas.org.za.

Die Skryflaboratorium


Die Taalsentrum se Skryflab by Banghoekstraat 44 bied hulp met skryfvaardighede en die skryf van werkstukke en take. Skakel met me Anne-Mari Lackay by 021-808 2167 in dié verband.

 

Kampus Gesondheidsdiens


Dokters en verpleegsters is beskikbaar by die Kampus Gesondheidsdiens by Claassenstraat 7 (langs Metanoia-woning) op die Stellenbosch-kampus. Skakel hulle by 021-8083496/3494. Die Kampus Gesondheidsdiens op Tygerbergkampus is in die Studentesentrum in Francie van Zijl-rylaan geleë. Die telefoonnommer daarvan is 021-938 9590. Jy kan ook die sielkundige op die Tygerberg-kampus by 021-938 9590 kontak.


Oriëntasiesessie

Die Eenheid vir Gestremdhede bied 'n oriëntasiesessie vir nuwe studente gedurende die verwelkomingsweek van die universiteit in Januarie. Studente word aangeraai om hierdie sessie by te woon en daarna kontak te behou. Dit word ook aanbeveel dat studente die universiteit besoek die jaar voordat hulle beplan om aan US te studeer en hulleself met die universiteitomgewing vertroud maak. Kontak disability@sun.ac.za vir meer inligting. 

 

 US Risikobestuur & Kampussekuriteit​

SU Risiko- en Beskermingsdienste sien om na kampusveiligheid en verleen hulp gedurende noodgevalle op die kampus. Kontak die Stellenboschkampus se beheerkamer vir sekuriteit en noodgevalle by tel 021 808 2333 of via WhatsApp by 082 808 2333, of skakel 021 808 4891 vir algemene navrae. Hulle is 24/7 beskikbaar. Tygerbergkampus-sekuriteit (en noodgevalle) kan by 021 938 9507 geskakel word. 

 

Krisisdiens


Skakel ER24 se 24-uur-krisisdiens wat beskikbaar is vir emosionele en sielkundige noodgevalle by 082 557 0880. Jy kan ook tydens kantoorure (08:00 – 16:30) by Victoriastraat 49 gaan aanklop indien jy 'n sielkundige noodgeval het.​