BELEIDE EN HULPBRONNE
Die Eenheid vir
Gestremdhede word gerig deur US-beleide, waarvan ons sommige hier onder beskikbaar
maak. Ons het ook ander hulpbronmateriaal saamgestel om mense met gestremdhede te
ondersteun.
Beleide en verslae
Hulpbronne
Universele Ontwerp (UO) & Universele Ontwerp vir Leer (UOL)
Jy het waarskynlik al van hierdie konsepte gehoor. Hulle hou verband met hoe ons onderrig, leer en ons omgewings kan ontwerp op maniere wat nie mense uitsluit om deel te neem nie. Dit verseker dat mense met gestremdhede grootliks by die lewe en akademies ingesluit word. Hierdie video's reflekteer op kampusruimtes in en buite die klaskamer. Kyk hoe UO en UOL dit beter sou maak (of nie?). Die videos is slegs in Engels beskikbaar.
Loslitdag 2022 aanlyngeleentheid
Loslitdag is vanjaar op 2 September 2022 aangebied met die tema #ICcelebrateSA. Ons by die US het dit gevier deur 'n 1 uur lange aanlyngeleentheid rondom die tema wat op sport fokus, aan te bied.
2020 Jaar van Gestremdheid verklaring
2020 is deur die Universiteit Stellenbosch as die Jaar van Gestremdheid verklaar. Alhoewel dit ontwrig is weens die COVID-19-pandemie, het ons voortgegaan met wat ons aanlyn kon doen. Lees 'n paar interessante artikels geskryf deur sommige van ons studente en personeel met gestremdhede. Klik
hier om die artikels te sien.