Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

D (Top-up option - only for A and B clients)

​​​

(Vlak 2: Professionele belangegroep, 18 VOE's waarvan 3 etiekeenhede is)

Datums waarop artikels en vraelyste vir keuse D beskikbaar sal wees: 15 en 30 April, 15 en 30 Mei, 15 en 30 Junie.

Ses aktuele vaktydskrifartikels (onder meer een etiekartikel) oor verskeie onderwerpe (byvoorbeeld loopbaanvoorligting en -ontwikkeling, psigoterapie, psigopatologie, etiek, en leerontwikkelingsprobleme en -gestremdhede) word op die webtuiste bestudeer, waarna aanlynvraelyste daaroor ingevul word. 'n Slaagsyfer van minstens 70% word vereis om vir drie VOE's per vraelys in aanmerking te kom. Aanmeldkodes sal slegs aan opbetaalde deelnemers verskaf word. Hierdie artikels is nie op 'n bepaalde registrasiekategorie van toepassing nie.

Keuse D kan alleenstaande of in kombinasie met Keuse A of B geneem word.

Let asb. daarop dat slegs 'n kombinasie van keuses, met inbegrip van Keuse C, die vereiste getal jaarlikse eenhede verleen (minimum 30 eenhede, insluitend ses etiekeenhede). Individuele keuses A, B of D voldoen dus NIE aan die jaarlikse vereistes nie.