Mathematics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algebraïse Getalleteorie & Berekenkundige Algebraïse Geometrie

​​Die navorsingsbelangstellings van hierdie groep is in die velde van algebraïese getalleteorie, algebraïese  meetkunde en die toepassings van die bogenoemde onderwerpe in  eksperimentele getalleteorie, berekeningsalgebra en algebraïese kodeerteorie. Vrae wat bestudeer word sluit in die rekenkunde en meetkunde van krommes oor p-adiese en eindige liggame, hul automorfisme groepe en Galois bedekkings, funksieliggaamrekenkunde en Drinfield modules.

Die groep het vier lede: Prof Florian Breuer, Dr Arnold Keet, Prof​ Barry Green en Dr Dirk Basson​ wat die aktiwiteite en toesig van nagraadse studente behartig. Daar is 'n samewerkingsooreenkoms met Proff Gerhard Frey en Georg Rueck van die Instituut van Eksperimentele Wiskunde, Duisberg-Essen Universiteit, en die Wiskunde Department by Kassel Universiteit en daar is gereelde uitruil deur personeel en studente. Daar is ook gereelde kontak met medewerkers en spesialiste van Bordeaux, Konstanz, Ulm, Leiden, Philadelphia, Parys, Tel Aviv and Tokio.

Baie van die studente van hierdie groep het hul wiskunde navorsing oorsee voorgesit, onder andere Louis Brewis, Paul Joubert en Adam Mohamed; ander het interessante poste in industrie en elders, naamlik John-Paul Harper en Ernest Lötter; terwyl ander by ander universiteite asook in die onderwyssektor voortgegaan het, onder andere Sibusiso Mabaso, Jan Groenewald, Kenza Guenda en Ilhem Benzaoui, wat beide now in Algerië  is.

PhD en MSc proefskrifte is al oor verskillende onderwerpe geskryf, onder andere: Oor torings van funksieliggame oor eindige liggame, Endomorfismeringe van hiperelliptiese Jacobiane, Meetkundige werkings van die absolute Galois groep, Automorfismes van krommes en die "lifting" vermoede, Iwasawa teorie van elliptiese krommes, Op algebro-meetkundige en verwante kodes, Oor die faktorisering van polinome oor globale liggame. 

Hierdie groep moedig 'n sterk interaksie aan met AIMS, navorsingswerk in hoofstroom suiwer wiskunde en is opgewonde oor die toepassings daarvan in gebiede van toegepaste wiskunde.​

'n Tweejaarlikse kongres reeks in Berenkundige Geometrie word vanaf 1997 in Stellenbosch gehou. ​