Clinical Services and Social Impact
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Kliniese Dienste en Sosiale Impak ​

​​​​​​​​​​​

SI-NAVORSING EN -INNOVERING​​ 

Die FGGW se algehele doel is om mediese en gesondheidswetenskapberoepslui te ontwikkel wat met gemeenskaps- en denkleiers kan saamspan.

Gegradueerdes word opgelei in die gees van uitnemendheid, innovering, sosiale verantwoordbaarheid en die leierskap om gebiede te identifiseer vir die bevordering van gesondheid, die voorkomming van siektes en die beskikbaarstelling van gesondheidsdienste. Die einddoel is om gemeenskappe in staat te stel om deel te neem aan positiewe sosiale en ekonomiese aktiwiteite landwyd. Die FGGW is daartoe gewy dat akademiese en diensaktiwiteite bestuur word deur die beste beskikbare inligting en dat sy programme internasionaal mededingend dog steeds relevant is tot plaaslike gemeenskappe, Suid-Afrika én die Afrika-kontinent.

Die visie vir sosiale aanspreeklikheid van die fakulteit – ook bekend as sosiale verantwoordelikheid, sosiale reaksie en sosiale doelwitte – stem ooreen met ons verpligting om alle opleiding, navorsing en diensaktiwiteite te bestuur om gesondheidskwessies aan te spreek soos uiteengesit in die Nasionale Ontwikkelingsplan. Fakulteitslede, ondersteuningspersoneel en studente word aangemoedig om te vrywilligerswerk te inisieer, implementeer en te evalueer om dringende gesondheidskwessies in eerstens Suid-Afrika – asook die kontinent, en globaal – aan te spreek. ​

 

SOSIALE-IMPAKDOELWITTE VIR NAVORSING EN INNOVERING

Die FGGW streef daarna om navorsing te doen wat relevant is tot geïdentifiseerde teikengroepe. Navorsingsaktiwiteite word duidelik gedefinieer, is beroepspesifiek en/of tussen beroepsvelde en/of in verskeie sektore met spesifieke en gestandaardiseerde kontekste én nie-gestandaardiseerde maatstawwe om vordering te meet.

Prosesse en prosedures vir navorsing demonstreer gesamentlike skepping van kennis en is in pas met volhoubare sistemiese verandering; die resultate van die navorsing word openbaar gemaak terwyl betrokkenes die navorsing en resultate ten volle kan benut. Ons navorsing spreek nasionale en internasionale gesondheid en gelyke prioriteite aan. Samewerking met internasionale vennote bewys voordele op plaaslike vlak, sowel as internasionaal.

Ons glo ons navorsingsresultate word suksesvol herlei na dienste/prosedures/prosesse/beleide wat die nasionale siektelas sal verlig. Navorsingsresultate ondersteun een of meer gebiede van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Evaluasieprosedures of metingsprosesse sit stappe uiteen vir die vermindering van die siektelas of swak gesondheid. ​

Die fakulteit se hoofnavorsinggebiede is:

  • Aansteeklike siektes (veral tuberkulose en HIV / vigs)
  • Gesondheidsorg vir moeders en kinders
  • Geestesgesondheid (geestesversteurings) en neurowetenskappe
  • Onoordraagbare siektes (spesifiek kanker, diabetes en kardiovaskulêre siektes)
  • Geweld, beserings, trauma en rehabilitasie
  • Genetika
  • Openbare gesondheidsorg​​ 

Klik hierom meer te lees oor navorsing van die Fakulteit Gesondheid en Gesondhei​dswetenskappe.