212 (8) Inleidende Biometrie (2L, 1T / 1P)
Rol van
statistiek in navorsing; metodes van
tabellering en grafiese voorstelling van data; beskrywende maatstawwe van
lokaliteit, variasie en assosiasie; die elementêre beginsels van
beraming, steekproefneming, ewekansigmaking, onsydigheid en verdelings; eenvoudige lineêre en nie-lineêre regressie; berekening van standaardfoute;
inleiding tot hipotesestoetsing; gebeurlikheidstabelle en
chi-kwadraattoetse; toetse
vir normaliteit; F-toets vir homogeniteit van
variansie. Alle data sal
met behulp van toepaslike sagteware ontleed word.Buigsame assessering
V Wiskunde (Bio) 124 of V Wiskunde 114
Module koördineerder: Mev J Nienkemper-Swanepoel
Dosente: Mev J Nienkemper-Swanepoel, Mnr S van der Westhuizen
242 (8) Toepassings in Biometrie (2L, 1T / 1P)
Behandelings- en proefontwerp; doeltreffendheid van beraming; analise van variansie; hipotesetoetse vir gemiddeldes en verskille tussen gemiddeldes: F-toets, t-toets, Student se KBV; vertrouensintervalle, nie-parametriese toetse; meervoudige lineêre regressie. Alle data sal met behulp van toepaslike sagteware ontleed word.
Buigsame assessering
V Biometrie 212
Module koördineerder: Mnr S van der Westhuizen
Dosente: Mev J Nienkemper-Swanepoel, Mnr S van der Westhuizen
312 (8) Biometriese Inferensie (1L, 1P, 1T)
Lineêre en meervoudige regressie; statistiese inferensie; voorspelling en kalibrasie; toetsing van die aannames; diagnose van uitskieters en invloedryke waardes; datatransformasies; datahantering met Excel.
Buigsame assessering
V Biometrie 242 of 274
Module koördineerder: Mnr Stephan van der Westhuizen
Dosent: Mnr Stephan van der Westhuizen
342 (8) Lineêre modelle in Biometrie (1L, 1P, 1T)
Matriksalgebra; die algemene lineêre model: regressie- en klassifikasiemodelle; pasgehaltetoetse; variansie-ontleding; meervoudige vergelykings; kovariansie-analise; datahantering met Excel.
Buigsame assessering
V Biometrie 312
Module koördineerder: Mev J Nienkemper-Swanepoel
Dosent: Mev J Nienkemper-Swanepoel
711 (8) en 811 (8) Biometriese toepassings en data-analise in SAS
Dataverwerking
en grafiese metodes met SAS Enterprise Guide. Eenvoudige beskrywende
statistiek; t-toetse vir enkelpopulasies, onafhanklikesteekproef-t-toetse en enkelpopulasies,
onafhanklikesteekproef- t-toetse en gepaarde t-toetse vir twee populasies;
variansie-analise: totaal ewekansige
ontwerp, ewekansige blokontwerp, Latynse vierkant-ontwerp, kruisklassifikasie-ontwerpe;
herhaaldewaarneming-variansie-analise; meervoudigevergelykingsprosedures. Onderskeidingsvermoë-analise.
Nie-parametriese toetse: Mann-Whitney, Wilcox, Kruskal-Wallis en Friedman;
lineêre regressie en korrelasie; polinomiese regressie; meervoudige regressie;
seleksie van onafhanklike veranderlikes met stapsgewyse regressie en
alledeelversamelingsregressie; kovariansie-analise; kategoriesedata-analises
(Chi-kwadraat-toetse); logistiese regressie. Hierdie module word in twee blokke
van vyf halwe dae elk tydens die eerste semester aangebied.
Buigsame assessering
V Biometrie 212 en 242, 211. Studente met ander
voorgraadse Statistiek modules sal ten minste 50% vir ʼn toelatingseksamen moet
behaal.
Module koördineerder en dosent: Mev J Nienkemper-Swanepoel
741 (8) en 841 (8) Biometriese toepassings en data-analise in R
Dataverwerking
en grafiese metodes met R. Eenvoudige beskrywende statistiek; t-toetse vir
enkelpopulasies, onafhanklikesteekproef-t-toetse en enkelpopulasies,
onafhanklikesteekproef-t-toetse en gepaarde t-toetse vir twee populasies;
variansie-analise: totaal ewekansige
ontwerp, ewekansige blokontwerp, Latynse vierkant-ontwerp,
kruisklassifikasie-ontwerpe; herhaaldewaarneming-variansie-analise;
meervoudigevergelykingsprosedures. Onderskeidingsvermoë-analise. Nie-parametriese
toetse: Mann-Whitney, Wilcox, Kruskal-Wallis en Friedman; lineêre regressie en
korrelasie; polinomiese regressie; meervoudige regressie; seleksie van
onafhanklike veranderlikes met stapsgewyse regressie en
alledeelversamelingsregressie; kovariansie-analise; kategoriesedata-analises
(Chi-kwadraat-toetse); logistiese regressie. Hierdie module word in twee blokke
van vyf halwe dae elk in die tweede semester aangebied.
Buigsame assessering
V Biometrie 212 en 242, 211. Studente met ander
voorgraadse Statistiek modules sal ten minste 50% vir ʼn toelatingseksamen moet
behaal.
Module koördineerder en dosent: Mnr S van der Westhuizen