Stellenbosch University
Welcome to Stellenbosch University

US taalbeleid moet aanpas by werklikheid

DIE Universiteit van Stellenbosch moet in die toekoms die bevolkingsamestelling van Suid-Afrika weerspieël en om daarby uit te kom sal die universiteit sy beleid oor Afrikaans as onderrigmedium moet aanpas, het Staatspresident, Nelson Mandela, tydens sy besoek aan die US gesê.

Pres. Mandela het gesê die belangrikste uitdaging vir die US is om weg te beweeg vandie bevoordeling en bemagtiging van die Afrikaner-minderheid. Die US moet sy ryk hulpbronne en bates tot voordeel van die hele Suid-Afrika aanwend.

" Om dit eenvoudig te stel : die US behoort aan die hele Suid-Afrika, en dit is u plig – ek wil ook sê: 'n voorreg en uitdaging om u optrede in lyn met die werklikheid te bring".

"Ek is vol vertroue dat u die uitdaging sal aanpak om daarvan werk te maak dat die student en doserende personeel meer verteenwwordigend van die land se bevolkingsamestelling sal wees." Hy het bygevoeg da thy besef dat dit nie oornag kan plaasvind nie.

Volgens Pres. Mandela is dit nie voldoende  om alleenlik met die huidige student op die kampus te werk nie en bloot te wag dat student uit agtergeblewe gemeenskappe by die US aanklop.

"Die hulpbronne wat die US tot sy beskikking het, moet op 'n doelgerigte en kreatiewe wyse na die minderbevoorregte gemeenskappe deurgetrek word."

Om dié toeganklikheid te vermag moet die US sy taalbeleid aanpas, meen hy.

Pres. Mandela het gesê dat dit geensins beteken dat Afrikaans nie 'n plek en 'n rol het as onderrigmedium nie. " Watter taalbeleid ook al gevolg word, dit moet die toeganklikheid van die US eerder bevorder as striem."

Eikestadnuus, 30 September 1994 (bladsy 2) 

​​​​​'If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his language, that goes to his heart'
​​Madiba Articles in​ Eikestad Nuus​

30 September 1994​

​​ 

Back to Ma​diba Homepage​



Madiba oil painting done by artist ​​
Marc Alexander​​

​​