Stellenbosch University
Welcome to Stellenbosch University

Mure in harte moet af

Pres. Mandela oor US se rol in HOP​

DOSENTE en student aan die Universiteit van Stellenbosch sal oor die bouvalle van die "mure van skeiding" moet klim  wat apartheid in hul gedagtes vasgeprent het, sodat die Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP) in Stellenbosch kan slag.

Só het Staatspresident Nelson Mandela aan sowat 400 US – personeellede en –studente gesê tydens 'n spesiale geleentheidsrede Maandagaand in die H.B Thom-teater.

Pres. Mandela het dit duidelikuitgespel dat die US voortaan 'n belangrike bydrae tot die HOP in Suid – Afrika kan lewer.

Hy het gesê dat due HOP nie net gaan oor 'die bou van huise nie'. Dit strek ook verder as die instel van oorbruggingskursusse vir student uit agtergeblewe gemeenskappe.

"Terwyl die mure van honderde huise gebou moet word, moet daar nog baie ander mure afgebreek word,"het pres.Mandela gesê.

Hy het hier verwys na die "mure van skeiding" wat deur apartheid in "ons harte en gedagtes gebou is" en wat van mense vreemdelinge in hulle eie land gemaak het.

Volgens pres.Mandela moet dit nie 'n situasie word waar diegene wat voorheen toelating tot die US geweier was, nou toegelaat word nie – maar dat dié bevoorregtes die skeidingsmure in hulle gedagtes moet afbreek.

Voorts het pres. Mandela gesê om werklik 'n bydrae tot opvoeding in Suid-Afrika te maak, sal diegene verbonde aan die US moet luister na die behoeftes en ervaringe van die kinders, jeug en volwassenes in Kaya Mandi en ander swart dorpe.

Volgens hom al almal slegs deur 'n proses van uitreiking na ander werklik bevry kan word. Pres. Mandela het vroeër in sy toespraak sy waardering teenoor die US uitgespreek met hul uitreikingsprogramme om onderwysers verder op te lei, asook teenoor die ingestelde oorbruggingskursusse.

"U het hiermee 'n goeie begin gemaak en ons wil u ondersteun en aanmoedig om nou heelhartig aandag te gee aan 'n diepgaande transformasie op die gebied van navorsing, onderrig en dienslewering."

Eikestadnuus, 30 September 1994 (voorblad)​


​​​​‘Education is the most powerful weapon which you can use to change the world’​​​
Madiba Articles in Eikestad Nuus​

Back to Madib​a Homepage​​​










​Madiba oil painting done by artist ​​
Marc Alexander​