Maties Sport het vyf nuwe operasionale eenhede geskep om sy aktiwiteite beter te verpak. Die eenhede is:
Eenheid vir Hoëprestasiesport
Hierdie eenheid wil uitblinkers in sowel span- as individuele sportsoorte werf en ontwikkel, en die akademiese sukses van sportsterre en afrigters fasiliteer deur middel van ondersteuningsprogramme.
Webwerf
Sentrum vir Menslike Prestasiewetenskappe
Hierdie sentrum wil navorsing en gemeenskapsinteraksie fasiliteer, akademiese samewerkingsooreenkomste ontwikkel, innoverende atleet- en afrigteropleiding lewer en tegnologie by sportafrigting inbou.
Webwerf
Eenheid vir Rekreasie en Aktiewe Lewenstyl
Hierdie eenheid wil die voordele van deelname aan fisieke aktiwiteite bevorder, rekreasieprogramme voorsien wat relevant en aantreklik is en nuwe geleenthede vir ontspanning ontwikkel en gemeenskapsinteraksie. Sy aktiwiteite betrek dus studente, personeel én die gemeenskap.
Eenheid vir Geleenthede en Kommunikasie
Hierdie eenheid fokus op die beplanning en aanbieding van geleenthede by Maties Sport se fasiliteite.
Cindy van der Merwe
Maties Sport: Geleentheidskoördineerder
cindyv@sun.ac.za
Kim Coetzee
Maties Sport: Projekassistent
kimcoetzee@sun.ac.za
021 808 9109
Gwen August
Maties Sport: Administratiewe ondersteuning
gwena@sun.ac.za
021 808 9229
Produkte en dienste
* Ontspanning- en aktiewe leefstylgeleenthede
* Oefenkampe op internasionale, nasionale en streeksvlak
* Tersiêre sportgeleenthede – Varsity Cup; Varsity Sport & USSA Sport
* Regeringsgeleenthede op nasionale en provinsiale vlak
* Korporatiewe geleenthede
* Gemeenskapsinteraksie
* Kommersiële foto- en filmgeleenthede
* Seminare, konferensies en werkswinkels
* Spanbougeleenthede
Maties Gimnasium by Coetzenburg
Nuwe webwerf: http://matiesgym.co.za/
Dié wêreldklas-gimnasium maak nie net voorsiening vir hoëprestasie-atlete nie, maar ook vir studente en lede van die publiek.
Ure:
Maandag - Donderdag | 05:30 - 22:00 |
Vrydag | 05:30 - 21:00 |
Saterdag | 07:00 - 20:00 |
Sondag | 10:00 - 18:00 |
Openbare vakansiedae | 07:00 - 19:00 |
Kontakbesonderhede:
|
|