Meer oor ons

WALKING-Opt

Maties Sport draai nie doekies om nie. Met 'n klem op hoëprestasiesport, wil dit:

  • 1 'n Dominante posisie in fokussportsoorte behaal;
  • 2 Sportmans en -vroue van wêreldgehalte ontwikkel;
  • 3 'n Uitstekende ervaring van universiteitesport bied;
  • 4 Deelname in sport vir ontspanningsdoeleindes bevorder;
  • 5 Die persentasie sportsterre wat ook akademiese sukses behaal, verhoog.

Maties Sport bied die volgende sportkodes: Rugby, hokkie, netbal, sokker, atletiek, swem, krieket, tennis, muurbal, pluimbal, gholf, gimnastiek, roei, kanovaart, seil, onderwatersport, waterpolo, branderry, basketbal, judo, kendo, taekwondo, fietsry, perdry, Ultimate (frisbee), skerm en skaak. Die Maties Parasport-klub bied ook atletiek, swem, fietsry, rolstoelrugby en doelbal vir persone met gestremdhede.

Maties Sport het vyf nuwe operasionale eenhede geskep om sy aktiwiteite beter te verpak: