REGLEMENT VIR DIE BEYERS NAUDé SENTRUM VIR PUBLIEKE TEOLOGIE
1. ALGEMEEN
1.1. Naam
Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie (hierna 'die Sentrum' genoem).
1.2. Status
Die Sentrum is 'n instansie vir navorsing en gemeenskapsinteraksie van die Universiteit van Stellenbosch (hierna 'die Universiteit' genoem) wat setel binne die Dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie (hierna 'die Dissiplinegroep' genoem) en rapporteer aan die Fakulteitsraad Teologie (hierna 'die Fakulteitsraad' genoem).
2. DOELSTELLINGS
2.1. Algemene doelstelling
Om deur navorsing en gemeenskapsinteraksie kundigheid op die gebied van die rol, taak en verantwoordelikheid van teologie in die publieke arena te bevorder.
2.2. Besondere doelstellings
3.3 Tydelike aanstellings en vergoeding
3.3.1 Tydelike aanstellings en die vergoeding daaraan verbonde word op aanbeveling van die Direkteur van die Sentrum in ooreenstemming met heersende Universiteitsbeleid deur die Universiteit gedoen. Eise in verband met administratiewe en navorsingsuitgawes asook reis- en verblyfkoste word in ooreenstemming met heersende Universiteitstariewe uit Sentrumfondse betaal.
4. BEHEERSTRUKTUUR
4.1 Direkteur
Die Sentrum funksioneer onder leiding van die Direkteur (met verantwoordelikhede soos in 3.2 beskryf) as 'n afsonderlike instansie binne die Dissiplinegroep en beplan sy aktiwiteite in noue skakeling en medewerking met die Dissiplinegroep.
4.2 Beheerkomitee
Die Sentrum staan onder beheer van die Beheerkomitee wat soos volg saamgestel word:
4.2.1 die Direkteur of Waarnemende Direkteur,
4.2.2. die Dekaan van die Fakulteit of sy/haar verteenwoordiger,
- 'n Dosent in Publieke Teologie/Etiek,
- twee verteenwoordigers van belanghebbende departemente uit enige van die ander fakulteite van die Universiteit wat in oorleg met die Fakulteitsraad deur die Dekaan aangewys word,
- die voorsitters, of hul verteenwoordigers, van die Dissiplinegroepe Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, Praktiese Teologie en Missiologie en Ou en Nuwe Testament,
- 'n dosent in Menswaardigheid,
4.2.7 die voorsitter van die Teologiese Studente-vereniging of sy/haar verteenwoordiger.
4.3. Aanwysing van die Beheerkomitee
Die Beheerkomitee word tweejaarliks aangewys deur die Dekaan in oorleg met die Fakulteitsraad en wys uit eie geledere 'n voorsitter aan wat nie die Dekaan of die Direkteur mag wees nie.
4.4 Verantwoordelikhede van die Beheerkomitee
Die beheerkomitee is verantwoordelik vir:
- die bepaling van algemene beleid van die Sentrum in oorleg met die Direkteur,
- die evaluering en goedkeuring van nuwe projekte wat binne die Sentrum uitgevoer moet word,
- die monitering van bestaande projekte,
- die aanstelling van projekleiers en ander personeel,
- die finansiële beheer van die Sentrum,
- die aanbeveling van die jaarverslag van die Sentrum vir goedkeuring deur die Fakulteitsraad,
- die delegering van bepaalde bevoegdhede aan die Dagbestuur en/of die Direkteur,
- die beskerming van die belange van die Sentrum, die Fakulteit en die Universiteit, en
- die verskaffing van advies aan die Sentrum.
4.5. Vergaderings van die Beheerkomitee
Die Beheerkomitee vergader minstens een keer per jaar.
4.6. Kworum vir Vergaderings
Vir gewone besluite bestaan 'n kworum van die Beheerkomitee uit die Direkteur of Waarnemende Direkteur plus drie lede. Vir die wysiging van die reglement bestaan 'n kworum uit die Direkteur of Waarnemende Direkteur en vier lede.
4.7. Besluitneming
Alle besluite word met gewone meerderheid van stemme geneem. By staking van stemme het die voorsitter 'n beslissende stem.
4.8. Notule
- Behoorlike notules word gehou van die vergaderings van die Beheerkomitee en die Dagbestuur.
- Die Dissiplinegroep verskaf 'n sekretaris vir die vergaderings van die Beheerkomitee en die Dagbestuur.
4.9 Die Dagbestuur
4.9.1 Samestelling van die Dagbestuur
'n Dagbestuur van drie lede, bestaande uit die Voorsitter van die Beheerkomitee, die Direkteur en een addisionele lid, word deur die Beheerkomitee uit eie geledere aangewys. Die Voorsitter van die Beheerkomitee tree ook as Voorsitter van die Dagbestuur op.4.9.2 Die Dagbestuur is verantwoordelik vir:
- die bestuur van die Sentrum van dag-tot-dag,
- die afhandeling van spoedeisende sake namens die Beheerkomitee en
- enige ander bestuursake wat van tyd-tot-tyd deur die Beheerkomitee aan hom gedelegeer word.
4.9.3 Vergaderings van die Dagbestuur
Die Dagbestuur vergader op versoek van die Direkteur wanneer dit kragtens die Reglement van die Sentrum nodig geag word. Twee lede vorm 'n kworum vir die vergaderings van die Dagbestuur.
5. PUBLIKASIES
Die Sentrum behou, in oorleg met die betrokke skrywer(s), die reg voor tot publikasie van alle resultate wat uit 'n projek van die Sentrum voortspruit. Op voorwaarde dat die Sentrum te alle tye in sulke publikasies erken word, mag die Beheerkomitee egter goedkeur dat resultate van Sentrumprojekte elders gepubliseer word.
6. FINANSIERING
- Sentrumfondse word, met inagneming van die voorskrifte van die Universiteit, verkry uit donasies, borgskappe, bemakings, produkte, vergoeding vir spesifieke projekte, kursus- en ander gelde of enige ander dienste gelewer.
- Die Hoofdirekteur: Finansies en Dienste van die Universiteit behartig, in oorleg met die Direkteur, die administrasie van die Sentrum se fondse.
- Die Sentrum se finansiële jaar stem ooreen met dié van die Universiteit.
7. REGSBEVOEGDHEID
7.1 Die Universiteit tree as regspersoon namens die Sentrum op.
7.2 Aanspreeklikheidseise word ingevolge die toepaslike aanspreeklikheidspolis van die Universiteit hanteer.
- Tekenmagtiging by die aanvaarding van opdragte geskied in ooreenstemming met die geldende reëls van die Universiteit.
- Programme en eenhede, soos die Eenheid vir Godsdiens en Reg, word onder beskerming van die Sentrum gevestig.
Goedgekeur deur die Senaat: 5 Desember 2001, en gewysig deur die Senaat op 7 Junie 2013.