Microbiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraads

​​Module Kode​Krediete​Module NaamDoseerlading
HonsBSc in Mikrobiologie ​ ​ ​
10439 - 772​60​Eksperimentele Mikrobiologie
Navorsingsprojekte: Studente skakel in by ʼn navorsingslaboratorium waar hulle ʼn onafhanklike navorsingsprojek doen. Die assessering behels ’n projekvoorlegging, onafhanklike navorsing in die laboratorium, navorsingsverslae en mondelinge aanbieding van resultate. 
Literatuuroorsig: ʼn Geskrewe literatuurstudie en mondelinge aanbieding oor ʼn Mikrobiologie-verwante onderwerp.
Mondelinge Eksamen: Algemene kennis van Mikrobiologie word getoets.
​10721 - 773​30Tegnieke in Molekulêre Mikrobiologie2L, 8P, 1T
Teorie en praktika oor tegnieke in molekulêre biologie soos DNS-kloning, bakteriese en gistransformasies, plasmied-isolasies, isolasie van genoom-DNS uit bakterieë en fungi, DNS-volgordebepaling, isolasie en analise van gDNS, mRNS en proteïene, opstel van DNS-biblioteke. Algemene tegnieke soos konfokale mikroskopie, bioinformatika en statistiese ontledings.
10483 - 774​30​Geselekteerde Onderwerpe​3L, 4P
Geselekteerde onderwerpe word as mini-modules deur dosente of besoekende navorsers aangebied. Onderwerpe soos genoomdinamika, biologie van giste, transkripsionele beheer van eukariotiese gene, taksonomie van swamme en omgewingsmikrobiologie word behandel.
MSc in Mikrobiologie
66281-828​180​Tesis Mikrobiologie
Selfstandige navorsingswerk oor ʼn goedgekeurde onderwerp soos deur die betrokke studieleier(s) bepaal en wat tot ʼn tesis lei, word van jou vereis. Hierdie program bestaan uit ʼn 100% tesis.

Assessering en Eksaminering
Na voltooiing van die navorsingsondersoek moet jy ʼn tesis tot tevredenheid van die eksaminatore inlewer en ʼn mondelinge eksamen aflê.
PhD in Mikrobiologie
16284–978​360​Proefskrif Mikrobiologie
ʼn Proefskrif word vereis vir hierdie program wat die resultate van jou selfstandige navorsing bevat en ʼn mondelinge eksamen wat afgelê word.